Ladismith 'n eeu oud : gedenkskrif by die eeufees van die Gemeente Ladismith, K.P.

Waar die gemeente Ladismith, K.P., in hierdie jaar honderd jaar bestaan, het die Kerkraad die noodsaak-likheid gevoel om

443 95 30MB

Afrikaans Pages 90 [54] Year 1951

Report DMCA / Copyright

DOWNLOAD FILE

Polecaj historie

Ladismith 'n eeu oud : gedenkskrif by die eeufees van die Gemeente Ladismith, K.P.

Table of contents :
Inhoudsopgawe

vii Voorwoord namens die Kerkraad
ix Voorwoord van die Opsteller
xi Lys van Illustrasies
1 Stigtingsjaar van die Gemeente
3 Di Naam
5 Gemmeentelike Grense
6 Ons Eerstelinge
11 Predikante van die Gemeente
12 Die Afgestorwe Lerare
18 Die Nog-Lewende Lerare
25 Medeleraarskap
25 Vaste Hulppredikers
26 Kerklike Amptenare
28 Die vroeëre Staatsverband
29 Sommige ou Gebruike
37 Die Sustentasiefonds
37 Die Kerkgeboue
41 Die Pastoriee
42 Die Kerksaal
44 Die Kerkorrel
45 Die Sondagskool
46 Die Ned. Geref. Sending
50 Maatskaplike Dienste
53 Verenigingslewe
56 Die Onderwys
59 Mnr. Jan Pierik
60 Reaksie op Sake van breëre Kerklike Belang
66 Die Dorpsbestuur
69 Die Kerkraad en die Munisipaliteit doen Sake
70 Oudhede
71 Die Goeie Oue Tyd
72 Plaaslike Aangeleenthede
81 Plase en hul Name
84 Boerdery
84 Towerkop
86 Statistieke
88 Huidige Kerkraadslede
90 En Nou?

Citation preview

GEMEENTE

LADISMITH, K f.

1831-1931

N a

s EE

EE EE HEER

EE

N G

AIG. GEMEENTE LADISMITH, K.P. 1a51—1951

Die Nuwe Kerk.

EE

F. |J. Bruwer. Voor (n.r): Mnr. en Mev. J. J. Haarhoff, Di. J. D. Stulting en W. T. Badenhorst, Mev. G. Solms, Mor. F. J. Bruwer.

Laura van Tonder, Mnr. 1. S. Terblanche, Mev. E. H. Middleton, Mnr. J. A. v.d. Vyver, Mev. J. D. Stulting, Mnr. G. Solms, Mev.

Agter (La.r): Mev. W. T. Badenhorst, Mn". A. J. Joubert, Mev.

Ee

DIE REËLINGSKOMITEE.

Ladismith `n Eeu Oud

GEDENKSKRIF

by die Eeufees van die

GEMEENTE LADISMITH ) REF. deur

DS. W. T. BADENHORST Ladismith

DIE KERKRAAD, N.G. GEMEENTE LADISMITH, K.P. Uitgegee deur en verkrygbaar by

Inhoudsopgawe Hoofstuk

Gedruk deur die Nasionale Pers, Beperk, Kaapstad.

Bladsy

Voorwoord namens die Kerkraad .. ie Voorwoord van die Opsteller as uie arilsirasies. ie oe AR sseie, ha Stigtingsjaar van die Gemeente ... ius n. ee DEEP Maag Ee. val frmeentelike (Grense ... mn EE ERA se aie aa iek os Re VR Predikante van die Gemeente ...su N Aisestorwe.Leraré .. mi ie ek A fie Nog-Lewende Ierare ai MEV od EEkapEE od Sa ME. Hulppredikers ie RMORE RE MEks Ampienare |. PELEE WEG DOL fie vroeëre Staatsverband es Ndiie ou Gebruike ii. BEE DE EE ustentasiefonds HE. ARME DEEROOLSE ME orkaebime ELE READER TUS, ON Diaries 7 OEGIE BEDE EE ONEERS GA N Dekanale ia. Hek dt at die HD EE FOON

vii ix xi 1 7 d 6 11 12 18 24 25 26 28 29 sê 37 Al 42

EE

Add,

Ge

SE

edoe Die Ned. Geref. Sending...on

EE

ee

45

Bladsy Hoofstuk ... uu me ER 50 Maatskaplike Dienste .... mu Ma sa RR Rees 53 VerenigingslewWe Die Onderwys. ..DAE OS DEE. ie vs 56 Mnr. Jan Piërik o.a ere mors pes ere s9 Reaksie op Sake van breëre Kerklike Belang 60 Die Dorpsbestuur Dia ad EA, BIERE ses ORR 66 Die Kerkraad en die Munisipaliteit doen Sake 69 Oudhedeos me mee Ed 70 Die Goeie Oue Tyd ui ES DA AR 71 ... uu me Ee id Plaaslike Aangeleenthede MED ALLES, 81 Plase en hul Name ... me oemellelE 84 Boerdery ou vies HASE De deAD 84 Téwerkop

Giatistieke

mees

vate

Huidige Kerkraadslede ... Hi Non? N ee AA

BRADOU tu. er

HASE

mm n GR

86

88 90

Voorwoord Waar die gemeente Ladismith, K.P., in hierdie jaar honderd jaar bestaan, het die Kerkraad die noodsaaklikheid gevoel om `n feesboekie vir die geleentheid uit te gee. Hierdie boekie moet dan in die eerste instansie `n feesboekie wees. Dit moet deur die gewone lidmaat geniet en bekostig kan word. Daarom is hierdie taak nie opgedra aan `n geskiedenisnavorser van buite nie, en maak hierdie boekie nie daarop aanspraak om `n volledige geskiedbeskrywing te bevat van alles wat in die afgelope honderd jaar in die gemeente plaasgevind het nie. Daarenteen ag die Kerkraad hom besonder gelukkig dat Ds. W. T. Badenhorst sy weg oopgesien het om te midde van drukke gemeentelike werksaamhede so `n feesboekie in gereedheid te bring. Die Kerkraad kon seker nie `n bekwamer persoon vir die opstelling vau so `n feesboekie gevind het nie, daar hy bekend is met al die gemeentelike werksaamhede en toegang gehad het tot al die nodige bronne. Hiermee ons hartlike dank aan Ds. Badenhorst. Die Kerkraad het die vrymoedigheid om die boekie by almal aan te beveel. Mag dit ten minste in elke

O

huis sy ereplek vind en daartoe bydra, nie alleen om ons tot dankbaarheid te stem vir die verlede nie,

maar ook om ons met nuwe toewyding te besiel vir

die toekoms.

(Ds) ]. D. STULTING, eed

Voorwoord van die Opsteller Die bestaan van ons gemeente op haar skofte van 95 en 50 en 75 jaar het onopgemerk verbygegaan. Later is die behoefte gevoel om die 85-jarige bestaan

te vier, maar daarvan is toe afgestap ten gunste van

die eeufees.

Vir die ondergetekende was dit, ten spyte van veelvuldige werk, en die ongeordende en dikwels onvolledige en soms moeilik leesbare geskrifte, `n eer en 'n voorreg om hierdie feesboekie te kon opstel. Dit was baie interessant om in die verlede te kon delf. Dit was `n geweldige groot versoeking om hierdie uitgawe meer omvattend en uitgebreider te maak, dog ek moes my eenvoudig drasties aan bande lê, want hierdie boekie is in die eerste plek `n feesboekie en geen geskiedenisboek nie. Moenie te veel soek na wat ontbreek nie. Die feesboekie is miskien kort, maar dit beteken nie dat ek daarom minder moes navors nie. Ek moes

alles deurwerk wat ek tot my beskikking gehad het. Ons het die boekie kort gemaak om ons mense aan te moedig om dit te lees, en om dit so goedkoop moontlik aan die man te bring.

Die Kerkraad het my vir `n paar maande verskoon van huisbesoek om hierdie boekie gereed te maak. Daarom dat die gemeentelede my nie baie gesien het nie. Om verskeie redes val ons fees nie op 10 Februarie 1951 nie, omdat die eerste helfte van die jaar, wat

ons gemeentelike lewe aanbetref, so bedrywig is, en omdat ons graag ons Kerksaal tot ons beskikking wou hê. Behalwe die Kerkargief in Kaapstad, en ons eie Kerkkantoor en deur korrespondensie, het die volgende persone vir my nuttige informasie verstrek,” nl. Mnre. J. G. Solms, J. J. M. van Zyl en J. A. van der Vyver, W. van Velden en Mev. J. G. du Toit (geb. Wapenaar). Mnr. A. J. Joubert het die jongste foto's behartig, waarvoor die Kerkraad hom bedank. Mnr. C. du Plessis het die tikwerk in die finale stadium gedoen, terwyl Mnr. 1. $S. Terblanche die taalwerk nagesien het. Ek waardeer hierdie hulp. Ek hoop die leser vind die boekie insiggewend, interessant en oorsigtelik. Ladismith, K.P., 8 Maart 1951.

W. T. BADENHORST, Opsteller.

Lys van Illustrasies Bladsy Die Nuwe Kerk Die Reëlingskomitee Juana Smith, eggenote van Sir Harry Smith Ladismith-dorp met Towerkop op die agtergrond Mnr. C. Wapenaar op sy 100ste verjaardag ... Tant Mieta Crafford, 100 jaar oud DA EE. EE RE OS ka EG. " YTOE Oe Wet oo. EE, Ro OO RE Ee Hd. PENster "EF, da Vos 0 .. so ON

4 7 9 12 13 14 15 16 17 18

"AA TA PEN Er Et) N Man oe je Ed ae Noe " W.T. Badenhorst en gesin ... ede vk ae 7 D. beultins ON an N De weer MEie aniBienansN ea oe ier MEnte van HA. oe lem one aa van DUE. ee elee

20 21 22 Ts 24 vy 30 33

MT AE

N...

AN.

19

Bladsy Die Ou Kerk van bibpe Vi. boek EEever Kn An Hie arste paalorie. eer elk EE ei NA 38 dié Kludeeste Pastorie oe mo ee 40 Die Boonste Paaie 41 Die Voorgestelde Kerksaal ...mae Fw 43 keNE DO. ON. ee A7 ber. GIO Val WOk OO 50 Me. HOU TERI. OE 52 Lede Vin die Kerkkoor ... 54 Die personeel van die Hoërskool ... i.s Di Die preekstoel en orrel in die Nuwe Kerk .... 62 Die ouderlinge van die 1950/51-kerkraad ..! 85 Die diakens van die 1950/51-kerkraad ...

87

Juana Smith, eggenote van Sir Harry Smith. (Met vriendelike toestemming van di'e uitgewers ,Die Boek-van-die-Maand-Klub.”)

Stigtingsjaar van die Gemeente

Besonderhede wat ongelukkig op onverklaarbare wyse weggeval het. Met

die

afstigting van die gemeente

Riversdale in 1839 van Swellendam, is die

deel wat onder die Veldkornetskap, die Grote Swart Berg geval het, by Riversdale saamgegroepeer, sodat met eweveel reg beweer kan word, dat Ladismith grotendeels ook van Riversdale afgestig is.

Riversdale is vernoem na Sy Edele Harry Rivers, die toenmalige siviele kommissaris van die distrik Swellendam. Die Ringskommissie wat vir die afstigting van Ladismith oorgekom het, het bestaan uit Ds. P. B. Borcherds (Riversdale), Ouderling H. S. Rothman en Dr. W. Robertson, albei van Swellendam.

Die gemeente Ladismith het eers onder die gemeente van Swellendam geval. Laasgenoemde se eertydse naam was ,,De Colonie in de verre geleegene districten” wat in Oktober 1747 tot Swellendam vernoem is. Dit heet na Goewerneur Swellengrebel en sy vrou, Meij. Ten Damme. Die gemeente Swellendam is eers so laat as 1798, twee-en-'n-half jaar

nadat die Republiek van Swellendam ten einde geloop het, tot `n aparte gemeente gevorm. Dit het eers aan Stellenbosch behoort. X Voor die afstigting van Ladismith was hierdie dele as wyk op die plaas Flandsvlei vir godsdiensoefening saamgetrek. Gedurende Julie 1835 het Dr. Robertson `n geseënde huisbesoek hier waargeneem. Die dele is dikwels te perd deur hom besoek. Die kloof naby Sparrebos was een van die gereelde deurgange van genoemde leraar. Op aanbeveling van die Kerkraad van Swellendam op haar vergadering van 1 April 1848, is die Kommissie voor het Zending Wezen versoek om `n persoon te Swartberg vir geestelike werk te plaas, omdat dit die geskikste en behoeftigste plek was. So is die heer Johann Kretzen, die latere sendeling, wat reeds vanaf

1

1844 in diens van die Kerkraad van Swellendam was, hierheen gestuur om die gedeelte tussen die Lang- en Swartberge met inbegrip van Anysberg en Tradouw te bearbei. Hierdie voorreg van aparte bearbeiding het toe die behoefte aan afstigting vorm laat aanneem. Op die vergadering van 26 September 1850 van die Kerkraad van Swellendam, het die leraar bekend

gemaak dat `n versoekskrif van die inwoners van die Grote Zwart Berg voor die Ringsvergadering sou dien omtot aparte gemeente gevorm te word. Ook sou die Kerkraad van Riversdal hulle hierin steun. Op haar vergadering in Oktober 1850 het die Ring van Swellendam toe `n kommissie benoem om ondersoek in te stel na die moontlikheid van sodanige afstigting. Op 10 Februarie 1851 is ons gemeente toe offisieel deur die Ringskommissie gestig. Wanneer die eerste Kerkraadslede voorgestel is, kon ons nie uitvind nie. Moontlik was dit die naweek van 12 April 1851 toe dit blykbaar `n Nagmaalsgeleentheid was, en die eerste inskrywing van kollektes aangeteken is. Ons neem gerieflikheidshalwe 10 Februarie 1851 as die stigtingsdatum van die gemeente. Ladismith-gemeente lê in die Klein-Karoo ten suide van die Swartberg. Die dorp lê aan die voet van die berg en is bereikbaar alleenlik oor 'n bergpas of deur `n poort deur die berge. Dit verklaar blykbaar die rede waarom hierdie geweste in die beginjare 2

so `n afgeslote en minder bekende deel gevorm het. Daarom dan ook die karige gegewens. In die beginjare is die roete vanaf Kaapstad gewoonlik oor Houwhoek na die Klein-Karoo gevolg. Wanneer die eerste intrekkers hulle in hierdie dele kom vestig het, is nie seker nie. Die eerste pioniers wat oostelik vanaf Kaapstad beweeg het, het hulle meer beperk ten suide van die Langberge, en so vind ons reeds die eerste bakens in 1745 anderkant Mosselbaai. In 1727 vind ons reeds erkende veeposte in die omtrekke van Riversdal. Ten spyte van die karige gegewens is ek geneig om aan te neem dat die eerste blankes hulle reeds voor 1770 hier rond kom vestig het. Ek noem hierdie jaartal omdat die distriksgrense van Swellendam in 1770 tot die Swartberg uitgebrei is.

Die Naam Uit agting vir die innemende en beminlike eggenote van die destydse goewerneur, Sir Harry Smith, is besluit om die gemeente na haar te vernoem. Voor haar troue was sy `n Mej. Juana de Leon, en van Spaanse afkoms.”) Nie alleen het sy haar toestemming tot die vernoeming gegee nie, maar ook `n gif van $£10 in die kerkkas gestort, en op 19 April 1851 `n Nederlandse Bybel met haar handtekening voorin as geskenk gestuur. * Suid-Afrika se Groot Liefdesverhale, Theo Gerdener. B—Ladismith

3

Ladismith-dorp

met

Towerkop

links

op

die

agterrond.

Aanvanklik was die gemeente se naam Lady Smith.

Spoedig het dit een woord geword met `n ,,y” gespel. Daar het egter dikwels verwarring geheers en vertragings met posstukke voorgekom deurdat dit na Ladysmith, Natal, gestuur is. Ons genant in Natal is reeds in 1850 tot dorp geproklameer, en die gemeente in 1854 aldaar gestig. Om ons naam darem nog te behou, maar tog `n onderskeid te laat blyk, is die letter ,,y” deur `n ,i” vervang en kry ons die

spelling Ladismith. Van wanneer af ons die veranderde spelling kry, weet ek nie. In die transportakte van 10 Maart 1857 is die spelling met `n ,i”, maar in die Goewerneur se Proklamasie 11 van 1862, is

die spelling weer ,,y”. Die Kerk-Almanak, die voorloper van ons Kerk-Jaarboek, gebruik egter vanaf 1879 deurgaans die ,i”.

(Gemeentelike Grense Die Ringskommissie het die grense soos volg bepaal: Die Langeberg, Doornrivier, Anysberg, Swartberg en die Gamkarivier. Die gemeente het egter nie haar oorspronklike grense behou nie, want in Julie 1862 het die Huisrivier-mense versoek om tot Oudtshoorn te behoort. Muiskraal het in 1878 na Riversdal oorgegaan ten spyte van geweldige protes van Ds. D. van Velden. Lemoenshoek het in 1881 na Barrydale oorgegaan. 5

In 1904 is Vanwyksdorp tot `n selfstandige gemeente

afgestig. Die wyk Koueveld het in September 1938 na ons oorgekom uit die gemeente Prins-Albert. Wat die Ringsgrense aanbetref, het ons destyds onder die Ring van Swellendam geressorteer, maar vanaf 1928 onder die Ring van Prins-Albert.

Ons Eerstelinge Met die afstigting van die gemeente is die volgende persone benoem om op die Kerkraad te dien: Ouderlinge: Andries van Tonder, Adolf Christiaan de Wit. Diakens: Daniel Vrey, Jacobus A. B. van Zyl, B. J. Kloppers en Izak W. van den Vyver. Die gemeente se eerste Nagmaalsviering was die naweek van 12 April 1851, en die eerste Kerkraadsvergadering is gehou op 12 Julie 1851, met Ds. P. B. Borcherds van Riversdal as konsulent in die stoel. As eerste afgevaardigde na die Ring was gekies Oudl. A. C. de Wit, met Diaken J. A. B. van Zyl as secundus. Die eerste verteenwoordiger op die Sinode van 1852 was Oudl. A. J. van Tonder. Die eerste leraar was Ds. Dirk van Velden, wat op 9 April 1854 hier bevestig is. Die eerste dopelinge was dertig in getal wat die Sakrament op ?2 November 1851 ontvang het. Die eerste registrasie van doop was dié van Andriesa 6

Maria Elizabeth van Tonder, gebore 25 Oktober 1851. Hier wil ons iets seldsaams vermeld. Mnr. Isaac Johannes Marais, getroud met Johanna Hermina Joubert, het vir drie agtereenvolgende jare in dieselfde maand, Julie, telkens `n tweeling laat doop. Dit was gedurende die jare 1867 tot 1869. Die eerste twee was beide dogters, die tweede was twee

seuns, en die derde weer twee dogters.

Mnr. C. Wapenaar op sy honderdste verjaardag, 1 Maart 1925.

Die eerste klompie katkisante was 37 en is voorgestel op 7 Februarie 1852. Die naam wat die eerste in die Lidmaatregister verskyn, is dié van Magdalena Aletta Blignaut, wat maar vyftien jaar oud was. Op 12 Julie 1851 is vier huwelike voltrek. Die 7

eerste huwelik geregistreer is dié van Izak Johannes Ried, wamaker, met Jacoba Martina Vrey, van

Hoeko. Die gemeente kan op drie honderdjariges wys. Vireers is daar oom Gerrit J. van Zyl wat 104 jaar oud geword het, en omstreeks 1875 oorlede is. Dan is daar die vader Cornelis Wapenaar wat op 1 Maart 1925 sy honderdste verjaardag gevier het, en die Sondag daarna die kerk besoek het. Op hierdie ouderdom kon hy Ps. 119 nog vlot uit sy hoof opsê. Op 11 dae na sou hy 101 jaar bereik het. By sy afsterwe het al sewe sy kinders nog geleef. Op 1 Maart 1951 het die moeder Maria Francina Crafford (geb. Volschenk*) haar honderdste verjaardag herdenk en het ook die Sondag daarna die kerk besoek. Die beleid van haar lewe het opgesluit gelê in die woorde van Ges. 28: 3 wat sy nog uit die hoof opgesê het. Tant Mieta, soos sy genoem word, se nageslag tel 166 siele. As vroedvrou het sy oor die 300 geboortes waargeneem. Haar laaste geval was toe sy negentig jaar oud was. Van die oudste nog lewende persone onder die honderd jaar, is die volgende: Maria Elizabeth Geertruida Sinclair (geb. Reineke), geb. 1 Desember 1856, gedoop 4 Januarie 1857; Alida (Christina Coetzee (geb. Van Zyl), geb. 16 November 1857, gedoop 3 Oktober 1858; Geertruida Jacoba le Roux * Oorlede, 29 Mei 1951.

8

(geb. Wolfaard), geb. 15 September 1858 en gedoop 24 Oktober 1858. Met trots kan ons sekerlik ook hier meld die geboorte te Hoeko van `n man wat later 'n groot rol in ons volkslewe gespeel het, nl. Cornelis Jacob Langenhoven, gebore 13 Augustus 1873 en gedoop 28 September 1873. Ook noem ons die naam van Petrus Jacobus Joubert, gebore 20 Januarie 1831 te Klein-Amalien-

stein. Hierdie persoon is die bekende Genl. Piet

Tant (Mieta Crafford 100 jaar oud, 1 Maart 1951, met van haar kinders.

Joubert, Onder-President en Kom.Genl. van die S.A.

Republiek in Transvaal. Behalwe Langenhoven as letterkundige, is daar ook die pennevrugte van F. S. Crafford met 'n lewensbeskrywing van Veldm. J. C. Smuts, en die boek ,,Van Riebeeck se Stad” deur 1. W. van Tonder,

die skrywer van ,Oom Izak van Kaapstad kyk terug”. En sal ons ook hier die bekende snykundige, Dr.

F. du T. van Zyl, die skilder, G. J. Beukes, en die weerprofeet, Cor. du Toit, vermeld?

Wat die politieke lewe betref, kan nie gesê word dat hierdie gemeenskap nie bedrywig is nie. Heelwat manne uit ons geledere het selfs die stryd aangeknoop en by tye die setel bemeester. Ons noem die volgende: J.J. Nel en 1. W. ]. v. d. Vyver wat na mekaar lede van die Wetgewende Vergadering (Ou Kaapse Volksraad) was. Dan was daar H. C. Becker (oudL.V.), J. J. M. van Zyl (oud-L.V.), 1. Mann (oudLPR. en LUK), J.J. v. Z. Bruwer (oud-L.P.R.) en A. B. la Grange (oud-L.P.R.). Seuns wat tot die evangeliebediening toegetree het, is die volgende: Ds. A. van Velden (1868—1879), Ds. D. J. J. van Velden (1877—1914), Eerw. R. D. Kretzen (1894—1923), Ds. W. F. Louw (1899— 1929), Rev. R. Lane (Congr. Church), 'Ds. M. ]J. Horn (1937—I1946). Mnr. Du Toit v. d. Merwe is nog in die Sending-Instituut en nader die voltooiing van sy studies. 10

Predikante van die (Gemeente Dirk van Velden (1854—1878). Johannes Wynand Louw (1880—1911). Wouter Frans van Wyk de Vos (1911—I1913). Wouter de Vos de Wet (1912—I914). Jan Hendrik Malan (1914—1920). David Jacobus Kriel (1921—1925). Joachim Frederik Mentz (1925—1931). Jan Abraham Pienaar (1932—1987). Hermanus Jacobus Potgieter (1938—I1941). Frederic John Berning Malan (1943—1946). Jacobus Alwyn Greyling (1946—1948). Willem Thomas Badenhorst (1947— ). Jan Daniel Stulting (1950— ). Dertien predikante het dus in die honderd jaar hier diens gedoen. Gedurende die tydperk was daar 'n gesamentlike vakature van ongeveer nege jaar. Die eerste twee predikante het elk onderskeidelik 24 en 31 jaar lank hier gearbei. Na hulle het die ander elf tesame gemiddeld bietjie langer as drie jaar elk hier gestaan. Oor die algemeen het die honderd jaar rustig verloop, behalwe so nou en dan, en dan was daar periodes van storm en drang, veral gedurende die dienstye van Di. D. van Velden en J. H. Malan. Predikante wat hier in die tuig gesierf het, is Di. Van Velden, Louw, De Wet en Potgieter. Behalwe Ds. De Wet is die ander hier oorlede en begrawe. Ds. J. H. Malan is baie kort na sy aftrede, weens swak gesondheid, oorlede. 11

Afgestorwe Lerare

Ds. D. van Velden.

Oorlede 23 Junie 1878. Hy was Hollander van geboorte en is in 1842 te Arras, Frankryk, as leraar gelegitimeer. Hy was bedeel met natuurlike gawes en was 'n welsprekende redenaar. In sy denke was hy helder, en kragtig in sy woorde. 12

Ds. J. W. Louw.

Oorlede 9 Junie 1911. By sy vriendelikheid het hy `n dienende beskeidenheid gepaar. Hy was altyd oortuig van sy saak. Hy het sy Kerk, gemeente en volk liefgehad. Hy was bemind. 13

Ds. J. H. Malan. Ds. W. de V. de Wet.

Oorlede 3 September 1914. Hy was beminlik, hartlik en openhartig in sy omgang. Hy was 'n man aan God gewyd en van God geseën. 14

Oorlede 18 Julie 1920 in die jeugdige ouderdom van slegs 37 jaar. ,God in alles” was sy leuse. Met heilige erns kon hy waarsku sonder aansien van persoon. Hy het sy Kerk en volk liefgehad en volgens sy versoek moes hierdie woorde op sy grafsteen staan. ls

Ds. en Mev. H. J. Potgieter.

Oorlede 23 Desember 1941. Met die grootste getrouheid en toegewydheid het hy gearbei. Ds. J. D. Kriel.

Oorlede 19 Junie 1931. Hy het met toegewydheid en seën ons Kerk gedien. Die geldelike onreëlmatigheid wat hier geheers het, het hy herstel. 16

M7

Die Nog-Lewende Predikante

Ds. W. F. de Vos.

Genoemde persoon is op 12 Desember 1883 op Stellenbosch gebore. Hy is hier georden en sy vader, Professor in die Kweekskool, het die bevestigingsrede uitgespreek. Hy is met `n dogter van die gemeente getroud, nl. Mej. Maria Nel van Weltevrede. Hy was eers hulpprediker hier, en nadat sy neef en peetoom, Ds. De Wet, leraar geword het, is hy mede-

leraar gemaak. Sy afskeidsboodskap in September 1913 het gegaan oor 2 Tim. 2: 8: ,,Onthou dat Jesus Christus . . uit die dode opgewek is.” M.a.w. dink gedurig daaraan dat jy `n lewende Here het. Standplase: 1911 Ladismith (Hpr.), 1912 Ladi-

smith, 1913 Amersfoort, 1929 Colesberg, 1935 Tul-

bagh, 1947 emeritus. 18

Ds.E. Mentz.

Hy is op 19 September 1887 te Heilbron gebore. Tydens sy dienstyd alhier is ongeveer 21 beroepe op hom uitgebring. Sy intreerede het gegaan oor Hand. 20: 24, en sy afskeidsboodskap oor Hand. PO: 32. Standplase: 1917 Paarl (Hpr.), 1918 Kenhardt, 1922 Graaff-Reinet, 1925 Ladismith, 1931 Paarl,

1947 Hennenman.

C—Ladismith

19

Ds. en Mev. J.A. Pienaar. Hy is op 4 Mei 1888 in Ceres gebore. Genoemde leraar is op 3 April 1932 alhier bevestig, en sy intreerede het gegaan oor 1 Kor. 3: 10, 11, nl.: Die

Fondament Jesus Christus, en die betrekking waarin die gebou tot die fondament staan. Weens swak gesondheid moes hy egter tot groot droefheid van die gemeente die tuig neerlê.” Standplase : 1914 Upington, 1925 Salisbury, 1932

Ladismith, 1937 emeritus.

20

Ds. F. J. B. Malan.

Sy geboorteplek is Adelaide en die datum 30 April 1897. Bredasdorp moes hom twee keer beroep voordat hy besluit het om daarheen te gaan. Sy intreepreek was oor 1 Kor. 1: 28, en sy afskeidspreek oor 2 Kor. 13: 11. Standplase: 1931 Nuwe Kerk, Graaff-Reinet, 1938 Villiersdorp, 1941 Drie-Ankerbaai, 1943 Ladismith, 1946 Bredasdorp. 21

Ds. J. A. Greyling

Hy is te Elliot gebore. H Februarie 1946 het as hulpprediker hierheen gekom, maar is spoedig daarna beroep as medeleraar en op 20 April 1946 alhier georden en bevestig. Die beroep as sendeling na die Transkei, met standplaas Isilimela, was so onweerstaanbaar dat hy nie daarvoor kon bedank nie. Ons hou egter nog verband met hom waar hy ons verteenwoordiger in die sendingveld is. Sy intreepreek was oor Joh. 4: 10, en sy afskeidsboodskap oor 2 Kor. 11: 11. Standplase: 1946 ladismith, 1948 'Transkeisending. 22

Ds. W. T. Badenhorst en Besin.

Hy is in Thabantsjoe gebore. As seun van 'n posmeester wat dikwels verplaas is, het hy op verskeie dorpe in die Vrystaat onderwys ontvang. Hy is aan die einde van 1938 gelegitimeer as leraar. Op 20 Maart 1940 is hy getroud met Mej. F. E. Shaw, dogter van Ds. en Mev. P. J. Shaw van Kakamas. Sy intreerede op 24 Augustus 1947 het gegaan oor Sag. 4: 6b — die Goddelike toerusting. Standplase: 1939 Namakwaland (Hpr.), 1942 Upington (Hpr.), 1944 Niekerkshoop, 1947 Ladismith.

23

Medeleraarskap

Ds. J. D. Stulting en gesin.

As seun van `n pastorie het hy `n wye kennis kon opdoen van gemeentelike werk. Hy is te Brandfort gebore, maar was nog jonk toe sy vader die beroep na Humansdorp aangeneem het. Hy is aan die einde van 1931 gelegitimeer as leraar. Hy is op 29 Junie 1935 getroud met Mej. C. H. Hauptfleisch van Wellington. Sy intreerede op 12 Maart 1950 het gegaan oor 1 Kor. 3 : 9, en hy het klem gelê op die medewerking van lerare en gemeente. Standplase: 1932 Humansdorp (Hpr.), 1934 Humansdorp, 1943 Vosburg, 1950 Ladismith. 24

Tot medeleraarskap is reeds in 1911 besluit, en so was Di. De Vos en De Wet twee jaar saam. Destyds en gedurende die jare daarna was die onkerkregtelike benaming van eerste en tweede predikant nog gebruik en was dit by vele van ons lidmate `n status-verskil wat soms `n bron van onnodige ergernis was. Op haar vergadering van 2 Augustus 1913 het dié Kerkraad ongelukkig van verdere afstigting afgesien, maar die vakature van medeleraarskap is nie opgevul nie, en op 16 Julie 1921 is selfs tydelik daarvan afgestap. Van `n reeks tydelike hulppredikers, en later vaste hulppredikers, is gebruik gemaak. Op 17 September 1938 het `n Ringsafgevaardigde die Kerkraad ontmoet om tot medeleraarskap oor te gaan. Hiertoe is eers in 1945 besluit. Die ideale toestand bly egter die van afstigting tot `n afsonderlike gemeente, sodat dit één kudde en één herder kan wees.

Vaste Hulppredikers Die name van die tydelike hulppredikers word nie verstrek nie. HInry Lindo Webbil ME Ignatius Christiaan Schutte ..... i.s Jacobus Marthinus van den Berg ..

1919-8920 1934—1938 1939—I1940 25

Jacobus Johannes van Niekerk Fourie Johannes @ornelis Botha.

Be

1940—I1942 1944—1945

DE Kerklike Amptenare

T. Pierik (1854—1699). J. G. Solms (1917—). Kassier.

D. J. Crafford en toe B. J. Kloppers as kassierdiakens. P. M. Brink (1879—I1911). J. M. van Tonder (1911—I1917). J. G. Solms (1917—). Koster. J. Pierik (1854—1892).

Geo. Smith (1893—1896). A. Middleton (1896—1899).

G. Middleton (1899—1904).

Jan Fourie (1904—1913). G. P. Steyn (19138—I1917). W.A. Meere (1917—19382). J. G. Solms (1932—1943). J. H. Roux (19438—I1951). Orreliste. Mej. E. van Velden (1874—1875). Mej. S. J. van Velden (1875—1883). Mev. A. van Velden (1883—1887). Mej. S. van Niekerk (1887—1889). 26

Kerklike amptenare: Agter: Mnr. |J. H. Roux (koster) en sy eggenote. Voor, Hn.r.: Mev. E. H. Middleton (orreliste), Mar. /. G. Solms (scriba-kassier) en sy eggenote.

Mev. A. van Velden (1889—1897). Mev. C. Langenhoven (1897—1899). Mej. A. C. Louw (1900—1907). Mej. J. M. Muller (1907—I1919). Mev. EF. H. Middleton (1919—).

Van bogenoemde persone het Mnr. Solms en Mev.

Middleton elk oor die dertig jaar diens aan die N

Kerkraad gelewer. In 1949 het die Kerkraad hul dienste erken deurdat `n spesiale woordjie van dank en waardering vanaf die kansel aan hulle gerig is, en is aan elk `n tjekkie oorhandig. Beide van hulle is hart en siel in hul werk.

Die Vroeëre Staatsverband Volgens die Kerkorde van De Mist (1804) het die Staat groot seggingskap oor die Kerke gehad, waardeur dikwels wrywing veroorsaak is. Volgens Staats-ordonnansie 7 van 1843 is die Kerk se interne vryheid gelukkig gewaarborg, maar toe is ook bepaal dat die salarisse van predikante en koster-onderwysers nie meer op rekening van die Staat sou wees nie, en sou predikante ook nie meer deur die Staat verplaas word nie, maar kon die Kerkrade self beroep. Indien die Staat nog predikante besoldig, dan sou dit heeltemal 'n vrywillige saak van die Staat wees wat enige dag teruggetrek kon word. Omdat die Kerkraad nie in staat was om die volle salaris vir 'n predikant te waarborg nie, is op 'n Kerkraadsvergadering in Augustus 1853 aan die konsulent opgedra om aansoek by die Goewerment te doen om die helfte van die salaris. Hierdie vergunning van £100 per jaar is verkry, en verlof is aan die Kerkraad verleen om `n leraar te beroep. Ds. 28

ber 1853 Van Velden van Winburg is toe op 31 Okto Staatsberoep en op 9 April 1854 bevestig. Hierdie tot die ondersteuning het vir ons gemeente aangehou het die dood van die eerste leraar in 1878. Selfs oed verg Goewerment ingewillig om die konsulent te ons geen vir sy dienste aan ons. Vanaf 1880 het raad was Staatstoelaag meer ontvang nie. Die Kerk n in elk geval toe al in staat om Ds. Louw te laat begi met £400 per jaar.

Sommige Ou Gebruike Kerkdienste.

In die beginjare is op Sondae nie aanddienste geOns hou nie weens die ondoeltreffendheid van lig. lees in die notule van 8 Maart 1880 dat die oggenddiens om halftien begin, die Sondagskool om halftwee en die middagdiens om 3-uur. Op 4 April 1881 is besluit dat in die winter net een diens sou wees en wel om elfuur, en die Sondagskool om 2-uur. Op 3 Oktober 1881 is besluit om tot aanddienste oor te gaan sodra die lampe gereed is. Miskien is dit interessant om hier te noem dat Konstabel Bob Rice voor die Anglo-Boere-Oorlog die gebruik gehad het om tussen die eerste en die derde gelui voor die kerk op en af te marsjeer in sy blou uniform en wit handskoene en helmet. 4)

sit (n.r):J.J. M. v. Zyl, C. J. Langenhoven en Flip de Wit.

Katkisante van 1892. Links staan Mnr. Pierik en regs Ds. Louw. Op die grond

Buitedienste.

Dienste in die distrik was vroeër op Woensdae gehou. Na `n interessante bespreking van die saak op 'n Kerkraadsvergadering van 6 Mei 1911 is besluit dat op elke tweede Sondag van die maand `n buitediens gehou sou word. Aan die volgende wyke is dit vergun: Voorbaat, Ockertskraal en Opzoek. Die ander wyke sou op `n Woensdag besoek word. Vandag word op nege sentra in die distrik buitedienste op Sondae gehou. Dit bring mee dat daar min Sondae in die jaar oorbly wanneer beide predikante op die dorp is. Nagmaal. In vele gemeentes was die tafelbediening in die beginjare gebruiklik. Beurtelings sit lidmate aan om die Nagmaalstafel waar hulle bedien word. As gevolg van die toename van lidmate en die lang tyd wat die bediening in beslag geneem het, is daartoe oorgegaan om lidmate in die banke te bedien. In die tyd van Ds. De Wet het die verandering in Ladismith plaasgevind. Die Nagmaalsgangers het ook `n spesiale dankoffertjie saamgebring en dit by die tafel onder die servetjie gelaat; dog reeds lank voordat die tafelbediening weggeval het, is hierdie offertjies by die deure opgeneem na afloop van die diens. Aan hierdie gebruik hou ons nog vas. Lank het ons gemeente die Nagmaalsbeker in ge31

bruik gehad. In 1926 is sonder enige beswaar na die kelkies oorgeskakel. Ook het ons mense met waens Nagmaal toe gekom, en vanaf Vrydagmiddag verrys 'n wa- en tentedorp aan die suidoostekant van ons ou kerkgebou. Skuins voor die kerk was `n dam waar die diere van die kerkgangers kon water drink. Vandag kom die mense met motors kerk toe.

vervang met gewone Kerkraadsbidure. Ook dit het gou in verval geraak. Op 29 Julie 1944 spreek die voorsitter andermaal oor die noodsaaklikheid van Kerkraadsbidure. Na EER

Wyksbidure. Hierdie geseënde byeenkomste dagteken vanaf 1882, want op 9 Januarie van dieselfde jaar word die Kerkraadslede daartoe opgewek om saam met die leraar die oprigting van wyksbidure te bepleit. Bewandel ons hierdie spoor nog waardiglik? ,,Versuim nie die onderlinge byeenkomste nie.” Kerkraadsbidure. In Julie 1894 is die noodsaaklikheid besef dat die Kerkraad vir gebed byeen sal kom. Dit word besluit om twintig minute tydens Kerkraadsvergaderings hiervoor af te sonder. Vanaf 5 Oktober 1908 word dit maandeliks gehou, en wel die Saterdagaand voor Doopsondag. Met die bywoning het dit seker nie goed gegaan nie en het dit doodgeloop. Ds. J. Malan het toe begin met die broederlike onderhoude. Op 4 Mei 1935 is besluit om dit te 82

Die Ou Kerk van buite.

bespreking word besluit om dit na die Voorbereidingsdiens te hou en om die rustende lede ook uit te nooi. Ons gaan nog voort hiermee. Begrafnisse. Weens die stadige vervoer van die predikante met kar en perde, het hulle min begrafnisse waar33

geneem, en so kry ons in die beginjare dat feitlik elke wyk `n geestelike voorganger gehad het vir die teraardebestelling. Vandag is dit anders en neem die predikant almal waar, selfs al is dit twee of drie op `n dag. Sterfgevalle wissel ongeveer van 35 tot 48 per jaar. Die gemiddelde sterfgevalle van die afgelope vier jaar het uitgewerk op d1 per jaar. In die buitewyke word begrafnisse nog vrywel goed bygewoon, maar baie swak op die dorp. 'n Gebruik wat weldra ook sal verdwyn wanneer ons huidige scriba aftree, is die beskerming wat hy vir die predikant by die graf verleen met `n swart sambreel om die son en reën weg te hou. Manier van vervoer. Vroeër jare het die predikant met perdekar sy werk gedoen. Ds. Van Velden het selfs daarmee Kaapstad toe gery vir die Sinode-sitting. By al die ongerief het dit hierdie seën meegebring dat die predikant se program van werksaamhede nie so vol

Die Ou Kerk van binne.

gegaan het nie. Ds. Van Velden het met ossewaens na Ladismith oorgekom. Op 5 Jauarie 1854 het die waens van hier na Winburg vertrek. So teen die helfte van Februarie is die terugreis aanvaar, en op 23 Maart het die trek hier aangekom. Ds. Louw het weer per muilwa oorgekom.

was nie en sy lewe nie op so `n vinnige tempo voort-

Die motorhuis by die onderste pastorie het nog sy krip wat aan die perdekar herinner. Di. De Wet en De Vos het in 1912 vir hulle motors aangekoop, maar toe Ds. J. H. Malan kom, het hy weer teruggekeer tot die perdekar. Vanaf die tyd van Ds. Kriel het motors die oorhand gekry tot vandag toe. So nou en dan trek ook `n stoffie agter `n fiets aan wat vanuit die onderste pastorie kom.

M

D—Ladismith

35

EE id

Katkiseermeesters. Hierdie amp kry ons nie meer vandag nie. Behalwe Mnre. J. Kretzen en Pierik was daar ook ander wat kinders voorberei het vir die aanneming. Ouers het dikwels saamgespan en `n katkiseermeester gekry om hul kinders te leer. So was hier eens op `n tyd n dame in die distrik, genoem blinde Sannatjie (Marais?) wat deur ouers gebruik is. Dit was voor die negentiger jare. Sitplaasgelde. Ons Kerkraad het, net soos in die meeste ouere

gemeentes, ook hierdie gebruik gehad dat mense hul sitplekke in die kerk huur. Hierdie geld het `n tydlank na die sinodale kas gegaan. Die eerste inskrywing van bankhuur was op 9 Augustus 16852. Op 6 Julie 1874 is die bankhuur van die tweede kerkgebou geklassifiseer in drie grade van 5s., ds. en Js. respektiewelik per persoon per jaar. So het dit voortgeduur totdat die Kerkraad op 8 Maart 1941 besluit het dat in die nuwe kerk die sitplekke vry sal wees behalwe natuurlik dié vir die Kerkraad en pastorieë. Kollektebordjies. Blykbaar was die kollektes met dienste in kollektesakkies opgeneem en heelwaarskynlik by die deure ontvang. Vanaf Sondag, 23 April 1876, word oop bordjies (open schalen) gebruik, en die kollekte opgeneem in die banke tydens die diens. 36

|| Orrelblaser.

Van ons kinders is seker nie meer bewus daarvan dat die eerste kerkorrels met die hand gepomp is nie.

instruSo lees ons van `n Mnr. J. Pretorius wat het

ment van de Kerk blaast” vir £4 per jaar. In latere jare het seuns dit teen `n klein vergoeding gedoen. Ons orrel in die nuwe kerk is nog tot 1948 op so n nie wyse gepomp. Hoe dikwels moes ons orreliste preek eers die seun gaan wakkermaak wat onder die aan die slaap geraak het nie! Vandag word die nodige wind gelukkig elektries gepomp.

Die Sustentasiefonds Op 10 April 1854 het die Kerkraad besluit om `n gemeentelike fonds van £2000 te stig waarvan die rente gebruik moes word om 'n deel van die predikant se salaris te dek. Dit het maar moeilik gegaan en baie jare het verloop voordat die £2000 gevind is. Dit is die oorsprong van ons huidige sustentasiefonds waarvan die Kerkraad die rente kan gebruik.

Die Kerkgeboue Reeds op 2 September 1850, d.w.s. byna ses maande voor die afstigting, was die eerste kerkgebou en pastorie reeds voltooi. Hierdie kerkgebou was 87

Die eerste pastorie met die Ou Kerk regs. Links sien u `n winkeltjie van later jare. Mnr. Pierik staan onder die sambreel.

deur windstorms beskadig, sodat versterkings aangebring moes word. In 1863 en weer op 3 April 1871 is besluit om dit liewers af te breek, veral toe ook

besef word dat die gehou en konsistorie te beknop is. Die tweede kerk, nl. ons bekende Ou Kerk, is toe

op dieselfde plek gebou in Suidstraat waar Kerkstraat doodloop. Daar is rondom die oue begin bou terwyl dit nog in gebruik gebly het. Toe die mure van die nuwe 'n sekere hoogte bereik het, is die binneste oue afgebreek, en toe is tydelik `n waenhuis betrek wat in Koninginstraat gestaan het. Op 6 April 1874 is gerapporteer dat die ou materiaal vir £43 op 'n veiling verkoop is. Die preekstoel met vier banke is later vir £7/10/- aangebied. Die tweede kerk, nl. ons bekende Ou Kerk, is op 31 Mei 1874

voltooi. Die preekstoel het £250 gekos. Waar die hoeksteen van die gebou ingemessel is, kan ons nie sê nie. In 1878 is die gebou ook deur `n windstorm beskadig en moes versterkings aangebring word. Die gebou is in 1944 verkoop. Reeds in 1912 is die behoefte aan `n nuwe en meer sentraal geleë kerk gevoel. Hiervoor is die nodige erwe in Koninginstraat gedurende 1913 aangekoop vir £1000. Die ineenstorting van die volstruisveermark in 1914 het alle ideale lam gelê, en die boufonds het laag gestaan. In 1937 is die fonds van $£2000 versterk deur 'n bedrag van £2500 uit 39

die boedel van wyle Mnr. A. C. de Wit. Toe Ds. Potgieter kom, was hy vol moed, en onder sy aanvoering is die kerk- en saalbou-fonds geloods. Dit was hom egter nie gegun om die kerk voltooid te sien nie. Hy het darem die hoeksteenlegging waargeneem.

Pastorieë Die eerste pastorie was die gebou ten Ooste aangrensende die ou kerk, en is reeds in 1850 opgerig en tydelik bewoon deur Mnr. J. Kretzen. Dit het egter nie lank as pastorie diens gedoen nie, want op 10 April 1854 is besluit tot 'n nuwe gebou in die pastorietuin, wat dan ook laer af in Suidstraat, waar

Die Onderste Pastorie.

Op 10 Oktober 1942 is ons derde kerkgebou, wat opgerig is vir die bedrag van £13,150, toe ingewy. Dit bied sitplek vir ongeveer 1100 mense. Die toringhorlosie is eers aan die einde van Februarie 1950 aangebring.

40

Die Boonste Pastorie.

Koninginstraat doodloop, opgerig is, en wat vandag bekend staan as die Onderste Pastorie. Die ou

pastorie is in November 1856 vir £300 verkoop aan 'n Mnr. Mellet. 41

1949 ook verkoop is. Vandag is die gebou in Koninginstraat, net reg voor die kerkgebou oor die straat, die Boonste Pastorie. Ons Kerksaal

Reeds vanaf 1906 is die behoefte aan 'n kerksaal gevoel, maar daar is besluit om hiermee te wag totdat die kerkgebou eers behoorlik van lig voorsien word. Tn 1908 is die bou vir `n onbepaalde tyd uitgestel. In 1938 is die saak weer ernstiger opgeneem toe die kerk- en saalbou-veldtog geloods is. Die kerk is toe gebou, en die saal het as ereskuld om vereffening gewag. In Desember 1947 het dit nader aan `n werklikheid gekom toe die Boonste Pastorie reg voor die kerk vir £2200 vir die doel aangekoop is om dit in `n kerksaal te verander. Van hierdie gedagte is egter in Desember 1949 weer afgesien, en is besluit om terug te keer tot die oorspronklike idee om 'n saal langs die kerk te bou. Tot sodanige bou is op 10 Junie en 16 September 1950 besluit. Die plan, deur Ds. Badenhorst aan die hand gedoen, is deur die Kerkraad aanvaar en deur Mnr. P. J. RosA2

(Tekening deur C. D. Theron).

maar dit was ondoeltreffend, sodat dit in Desember

Die voorgestelde Kerksaal.

In 1911 is `n bykomstige pastorie gebou op die hoek van Suid- en Kerkstrate waar die vroeëre dam was, maar dit is in 1945 verkoop. Hoër op in Koninginstraat is toe `n ander woonhuis aangekoop,

souw uitgewerk. Die saal bied sitplek aan vir 500 mense onder en 200 op die galery. Die eeufeesjaar sal dan ook die vervulling wees van 'n wens en langgevoelde behoefte aan die besit van `n kerksaal met die nodige kantore en ander geriewe. Die eerste kerksaal in die distrik is op 9 Desember 1950 te Plathuis ingewy. Soortgelyke sale sal ook nog elders verrys.

Die Kerkorrel

Die gemeente het nie van die begin af `n orrel gehad nie en `n voorsinger moes optree om die gemeente te lei. Mnr. Pierik was lank voorsinger. By `n sekere Nagmaalsgeleentheid het die grappige Ds. Van Velden die gemeente gerusgestel dat Mnr. Pierik ,.in het zingen wel zZ'n mond openrekt dat je een aardappel daarin gooien kan, doch de gemeente hoeft zich eenvoudig niet daaraan te storen, want Pierinkje heeft een fraaie stem en kent muziek.” Toe die voorsinger eenkeer by geleentheid `n psalm- of gesangvers in 'n te hoë toon begin het, het die dominee oor die preekstoel geleun en vir hom gesê: ,,Pierinkje, kerel, je gaat zelfmoord plegen.” Hy het toe op `n laer noot begin.

Vanaf 1874 is van `n harmonium gebruik gemaak,

wat deur Ouderling Jan de Wit geskenk is. Dit het diens gedoen tot 1893, toe `n pyporrel geinstalleer AA

is vir £650. Oorlede Mnr. Rocco de Villiers, die gevierde orrelis van die Paarl, het die naweek van 28 Oktober 1893 vir die inwydingsplegtigheid oorgekom. Hierdie pyporrel is in 1942 oorgeplaas na die nuwe kerkgebou. Aan die begin van 1948 is dit gemoderniseer, geëlektrifiseer en vergroot, en van `n

nuwe speeltafel voorsien vir die bedrag van £1105. Die firma het die waarde né hierdie verbetering gestel op minstens £3500. Saterdagaand, 17 April 1948, is dit ingewy, en was Mnr. C. M. van Tonder,

orrelis van Goudini, ons orreliste behulpsaam. Die Kerkkoor tree al ongeveer die afgelope 56 jaar voor die gemeente op. Van ons ouer mense was in die begin teen sodanige funksie gekant. Vandag waardeer die hele gemeente hierdie bydrae van Gods-verering en die stigting wat dit vir die siel meebring.

Die Sondagskool ' Die stigting van die Sondagskool in Suid-Afrika In ons Ned. Geref. Kerk, het maar `n paar jaar voor die stigting van ons eie gemeente plaasgevind. Die eerste Sondagskool in ons land is vermoedelik op 26 Mei 1844 in die moedergemeente Kaapstad gestig. Die tweede is dié van Tulbagh in 1856. Eers in 1880 het die Sinode die Sondagskool as 45

`n bepaalde arbeid aan Kerkrade opgedra. Daardie jaar was die eeufeesjaar van die Sondagskool in Europa. In die Kerkraad se notule van 8 Maart 1880 vind ons die eerste offisiële vermelding van die bestaan van `n Sondagskool in ons gemeente. Besonderhede van die getal Sondagskoolkinders vind ons eers so laat as 1930) aangegee met 'n totaal van 717. Behalwe die mooi getal van 681 in 1940, het daar `n stelselmatige afname in die getalle voorgekom weens die gestadige ontvolking van die platteland, en die verskynsel van kleiner gesinne. Op die oomblik het ons slegs 420 kinders in ons verskillende Sondagskole deur die gemeente. Ons het 'n paar persone wat feitlik hul lewe lank aan die Sondagskool gewy het, en hul dienste is deur die Sondagskoolpersoneel erken deur `n spesiale woordjie van dank en die oorhandiging van 'n geskenkie aan elkeen van hulle. Mnre. J. J. P. Haarhoff en J. G. Solms was elk omtrent 53 jaar verbonde aan die Sondagskoolwese.

bogenoemde genootskap aan die einde van 1816 hier na Flandsfontein gestuur is, was `n Mnr. P. J. Jou-

bert, die grootvader van Genl. Piet Joubert. Op 27 Maart 1817 het Mnre. |J. L. en G. C. Nel afstand gedoen van die pagreg op `n gedeelte van hul plaas Elandsfontein. ln dieselfde

Die Ned. Geref. Sending

Eerw. R. P. Botha.

Die ou Kaapse Sendinggenootskap het reeds vanaf 1799 hier rond geestelike werk onder die Kleurlinge gedoen. Die eerste geloofsgenote was slawe en ander Kleurlinge afkomstig van Kaapstad, Zuurbraak en Genadendal, ens. Die persoon wat deur

jaar is die sendingstasie Soar te Elandsfontein aangelê. Genoemde Mnr. Joubert het hier tot 20 September 1833 gearbei, toe hy na Graaff-Reinet vertrek het. Blykbaar het die Berlynse Sendinggenootskap die werk verder voortgesit.

46

A7

Ook was hier op Ladismith die Heer Johann Kretzen vanaf 1848 besig met sendingwerk en hy het jaarliks aan die Kommissie van Sendingwese en vanaf 12 Julie 1851 ook aan ons Kerkraad verslag gelewer. Die Kerkraad van Riversdal het hierdie Sendingkommissie finansieel gesteun deur £15 per jaar by te dra vir die onderhoud van een perd. Hierdie verantwoordelikheid is op 1 November 1851 deur ons Kerkraad oorgeneem. Hierdie Mnr. Kretzen is in 1858 gelegitimeer as sendeling en het 'n beroep na George aangeneem. Hy was een van die eerste Binnelandse sendelinge van ons Kerk. Die sendinggemeente is in 1861 as 'n eie gemeente gestig met Soar as sentrum en naam. Tot vandag toe sluit dit die grense van die moedergemeentes van Ladismith en Vanwyksdorp in. Binne hierdie grense het ons egter ook die sendingwerk van die Lutherse en Engelse Kerke. Gedurende die vakatures het konsulente en die Berlynse Sendinggenootskap die werk probeer behartig, en later het Ds. Louw vanaf 1891 ook met sekere werksaamhede gehelp. Mnr. R. D. Kretzen, onderwyser te Buffelsdrif en seun van Eerw. J. Kretzen hierbo genoem, het hom ook die lot van die Kleurling aangetrek, en deur privaat teologiese onderrig by Ds. Louw, kon hy later sy sendingstudies vinniger afrond om as sendeling gelegitimeer te word. Hy het vir Soar enkele jare gedien. Die kerkgebou te Soar is in 1893 in sy tyd gebou. 48

Ons huidige sendeling is Eerw. R. P. Botha, wat

reeds vanaf 1917 as Oefenaar hier gewerk het, en na die voltooiing van sy studies aan die einde van 1926 is hy gelegitimeer as sendeling. Vir ons plaaslike Sending dra die Kerkraad jaarliks £100 by. Die volgende sendelinge en hul dienstye word hieronder verstrek, dog weens die onvolledigheid van gegewens is ek bevrees dat my lys onvolledig is: Eerw. J. C. Pauw (18638—1877). Eerw. J. B. C. Knobel (1890—1891). Eerw. R. D. Kretzen (1894—1903). Eerw. C. H. Siebert (1904—1912). Eerw. F. Blignaut (1913—I1916). Eerw. R. P. Botha (1917—). Wat sendingwerk buite ons gemeente betref, verleen die Kerkraad finansiële steun aan ons Algemene Sendingkommissie. Hieronder is inbegrepe die verantwoordelikheid wat ons aanvaar het om die salaris van 'n sendeling gedeeltelik te dek. Vanaf 6 April 1908 het ons `n Buitelandse sendeling ondersteun. Vanaf 1911 was dit die persoon van Eerw. C. J. H. van Wyk, van Nyassaland, en tans emeritus. Vanaf 1947 het ons Ds. P. E. S. Smith te Isilimela in die Transkei gedeeltelik op ons rekening gehad, en vanaf Mei 1948 vir Ds. J. A. Greyling, wat eers as medeleraar hier in ons gemeente gestaan het. Op die oomblik betaal ons £150 per jaar aan die Sendingkommissie. A9

Ons kan net hier meld dat ons V.S.B.-tak die

Kerkraad finansieel steun in bogenoemde twee verpligtinge.

het veel tyd in beslag geneem en het spesiale studie noodsaaklik gemaak. Ook het die finansiële verplig tinge swaar begin rus op die Kerkraad. In 1926 het die Kerkraad daartoe oorgegaan om `n Armesorgvereniging te stig, en dit laat registreer onder Ordonnansie 4 van 1919. Die Kerkraad stort `n sekere bedrag waarop subsidies ontvang word. Op hierdie kommissie was die Munisipaliteit, Afdelingsraad en die Departement van Volkswelsyn verteenwoordig omrede die subsidie wat hierdie liggame gegee het. Vanaf 1950 het die Munisipaliteit en Afdelingsraad weggeval deurdat alle subsidies nou van die Departement kom. Ten spyte van die kostelike werk van die Armesorgvereniging is die behoefte gevoel aan `n opgeleide persoon om die Kommissie van die Kerkraad behulpsaam te wees.

Eerw. C. ]. H. van Wyk.

Maatskaplike Dienste Alle armesorg-werksaamhede het eers direk onder die Kerkraad geressorteer en noodlenigings is op Kerkraadsvergaderings behandel. Dog hierdie sake 50

Reeds op 7 September 1940 is besluit om in samewerking met die V.S.B. en M.S.A. `n maatskaplike werkster aan te stel. Hiervan het egter nie veel tereg gekom nie. Telkens is weer op die saak ingegaan, maar dit het nie verder gevorder nie. Met die finansiële hulp van die Hoofbestuur van die V.S.B. het ons plaaslike V.S.B. die voortou geneem, en op 6 Maart 1948 het die Kerkraad besluit om die V.S.B. sedelik en finansieel in so 'n onderneming te steun, en om 'n kantoor te verskaf. Vanaf die begin van 1949 het die Maatskaplike BE—Iadismith

51

Dienste `n aanvang geneem met die aanstelling van Mej. J. Smit. Sy het kostelike werk gedoen tot die einde van Julie 1950, toe sy `n ander aanstelling aanvaar het. Gelukkig het ons weer iemand vanaf Oktober 1950 bekom in die persoon van Mej. H. Theron. ' Weens die nuwe beleid van die Hoofbestuur van die V.S.B. het hul ondersteuning vanaf Julie 1950

Mej. H. D.

Theron, V.S.B.-maatskaplike werkster.

weggeval en moet alle uitgawes gedek word deur fondse plaaslik ingesamel. Ons hoop egter op die ondersteuning van die Sinodale Armesorgkommissie. 52

Verenigingslewe Ons wil hier net kortliks die een en ander aanstip van die volgende vereniginge wat in ons gemeente bestaan: Vroue-Sendingbond. Hierdie liggaam onder die susters is deur Mev. Ds. Louw gestig, en in April 1912 het dit `n herorganisasie ondergaan. Dit doen kostelike werk in en buite ons gemeente. Ons noem bv. haar eie sending-onderneming deur middel van die Hoofbestuur, die finansiële hulp aan die Kerkraad in laasgenoemde se sendingverpligtinge, en dan ook haar maatskaplike dienste. Hierdie vereniging verdien ons heelhartige belangstelling en steun. Sal daar nie meer susters aansluit nie? Kinderkrans. Hierdie vereniging is ongeveer 1914 in ons gemeente gestig. Die volle naam is die Kinder-Sendingkrans en dit staan onder die beheer van die V.S.B. By die weeklikse Bybelstudie word veral ook sending-onderwerpies behandel om `n sendingliefde op te wek. Hierdie vereniging is bedoel vir die kinders van die primêre skool. Strewersvereniging. Die Christelike Strewersvereniging is ongeveer die jaar 1900 hier gestig. Daar was baie jare van bloei, 53

maar ook van agteruitgang en ontbinding. In Mei 1948 het Ds. Badenhorst die tak op die dorp herstig en een te Hoeko in 1949. Die Strewersvereniging lê haar hoofsaaklik daarop toe om deur middel van

Die Christelike Jongeliedevereniging. Die C.J.V. het omstreeks 1912 sy verskyning in ons gemeente gemaak. Soms het dit lewe geopenbaar en soms weer doodgeloop. Aan die begin van 1947 het Ds. Greyling dit herstig. Die C.J.V. maak voorsiening vir die breëre behoeftes van die jongmense. Behalwe Bybelaande nou en dan, hou die vereniging hom besig met kulturele funksies en ontspanningsaande. Die Christen-Studentevereniging. Die C.S.V. is `n vereniging vir ons sekondêre skoolkinders en wy veel tyd aan Bybelstudie. Haar 'mooi leuse is: Maak Jesus Koning.

oe Lede van die Kerkkoor met die orreliste voor in die middel. Agter (I.n.r.): Mej. G. D. Haarhoff, Mnr. C. 1. du Plessis, Mej. W. v. Tonder, Mev. W. T. Badenhorst, Mar. C. D. Theron, Mej. G. E. Kok, Mev. J. D. Stulting. Voor (L.n.r)): Mev. S. W. Bartie Ds. W. T. Badenhorst, Mev. E. H. Middleton, Mnr. J. M. Mostert, Mev. C. E. Theron.

Bybelstudie en praktiese geestelike werk vir die Here die na-skoolse jongmens op te lei en te help vorm tot `n aktiewe en bruikbare lid van die Kerk. Haar leuse is dan ook : Vir Christus en die Kerk. 54

Bybelklas. Hierdie vereniging is reeds in 1926 onder ons gestig, maar het telkens weer doodgeloop. Te Voorbaat en Plathuis is ook enkele jare gelede takke gestig. Sangklas. Vroeg in 1947 is tot die stigting hiervan oorgegaan ; toe die behoefte gevoel is om Sondagaande na die diens by verskillende huise `n uur lank saam te sing. Ook word daar Donderdagaande biduurtjies gehou | by mense wat daarom aansoek doen en wat nie meer

| kerk toe kan gaan nie.

55

Kerk-Jeugvereniging. Hierdie is die jeug-arm van ons Kerk, die beoogde jeugvereniging waarin die C.J.V. en Strewers saamsmelt tot een vereniging, en wat hopelik in ons eeufeesjaar in werking sal tree. Hierdie vereniging wil voorsien wat die C.J.V. en Strewers hulle ten doel gestel het. Jongmense, hier is julle vereniging!

Mnr. Pierik was `n geklassifiseerde skool-onderwyser van die derde rang. Hierdie diploma het hy op 5 April 1837 te Haarlem verwerf toe hy twintig jaar oud was. 'n Tydlank was hy assistent in die

Die Onderwys Hoewel met die stigting van ons gemeente die onderwysamp nie meer offisieel verbind was met die kerklike amp van koster of voorleser nie, en die Kerkraad dus nie meer by die Goewerment aan-” spraak kon maak op finansiële steun nie, het die Kerkraad tog daartoe oorgegaan om 'n kerkskool te stig met volle verantwoordelikheid. Ons Kerk het altyd die onderwys gesteun en geleenthede daarvoor geskep, want ,,jy moet mos tog darem ten minste die Bybel kan lees”. Ons eerste onderwyser was Mnr. Jan Pierik, ons kerkamptenaar. Hy is op 10 April 1854 deur die Kerkraad aangestel met ingang 1 April teen 'n salaris van £80 per jaar vir sy betrekking as onderwyser, voorsinger, koster en seriba. Sy salaris is kwartaalliks betaal. Skoolgeld is deur die Kerkraad vasgestel op 2/6 per kind per maand, en die ouer moes telkens vir drie maande betaal. 56

Die personeel van die Hoërskool. Agter (Ln.r.): Mnr. H. F. Nel, Mej. K. S. Deysel, Mor. /. G. Lochner, Mej. A. M. Scheun, Mnr. D. J. Laas, Mei. A. M. v. Tonder, Mnr. F. H. v. d. Westhuizen. Voor (IR.rois

Mnre. J. M. Mostert en H. C. Boshoff, Mei. A. J. Kemp, Mnr. 1. S. Terblanche, Mej. G. D. Haarhoft, Mnre. C. E.

Theron en A. J. Joubert.

Hoof-Sekondêre skool in Genemuiden in Holland. Nie alleen het die hoofonderwyser gunstig oor hom gerapporteer nie, maar ook het die skoolopsiener 57

hom op 18 Januarie 1845 aanbeveel om 'n betrekking as hoofonderwyser te kan vul. Hoe lank Mnr. Pierik onderwyser by ons was, kan ons nie sê nie. Mej. S. J. van Velden het ook `n tydlank onderwys gegee, asook 'n Mnr. H. van der Spuy. Vanaf die begin van 1874 was Mnr. H. F: Dawson onderwyser van die eerste Goewerments- of Publieke Skool hier. Hy het diens gedoen tot by sy vertrek in Junie 1884, waarna Mnr. J. R. Frylinck oorgeneem het as hoofonderwyser. Teen hierdie tyd was oral in die distrik alreeds skole. Nadat die Publieke Skole in ons gemeente gekom het, het die Kerkraad steeds bly belangstel in die onderwys. Op 5 April 1875 wek die Kerkraad bv. belangstelling op vir die stigting van 'n skool te Voorbaat. In April 1884 het sy bv. haar afkeuring uitgespreek oor die stigting van 'n Opposisie-skool. Die Kerkraad het nog dikwels in skoolsake moes ingryp en selfs ook finansiële hulp verleen in plaaslike bedrywighede. Later jare het sy die nodige losiesfasiliteite verskaf om dit vir ons kinders moontlik te maak om onderwys op die dorp te ontvang. Die Koshuis vir primêre leerlinge is in 1920 deur die Kerkraad oorgeneem, en die Koshuis vir sekondêre leerlinge in 1943. Vandag het ons `n personeel van veertien onderwysers op die dorp met Mnr. 1. $S. Terblanche aan die hoof. In die distrik is sewentien onderwysers. 58

Mnr. Jan Pierik Dit sal sekerlik `n onreg aan hierdie persoon wees as ons nie `n spesiale hoofstukkie aan hom wy nie. Hy was Hollander van geboorte en kort van gestalte. Hy is in 1817 gebore. Hy was `n handige persoon en kon vir baie sake gebruik word, bv. as seriba, koster, onderwyser,

voorsinger, voorleser en katkiseermeester. Hy was groots op sy werk en het dit met waardigheid en presiesheid laat gepaard gaan. Van alle offisiële stukke en korrespondensie het hy afskrifte in `n boek gemaak en dit genommer. Hy was metodies in sy werk. Sy handskrif was besonder net en mooi en swierig. In sy notule was hy soms omslagtig, tog het

hy sake baie duidelik gestel.

Hy was self ook `n baie komieklike persoonlikheid. Toe hy eenkeer in die kerk aangesê was om onder die sing van `n Gesang `n hond uit die kerkgebou te verwyder, het hy voor die hond gaan staan en gesê: ,Je word verzocht de kerk te verlaten.” Na `n geknor deur die hond het hy hom nog sterker aangespreek: Ik waarschuw je nogmaals dat op lastgeving je verzocht wordt de kerk te verlaten.” Na nog `n verdere geknor deur die hond, en na die gemeentesang, het hy hom na die preekstoel gedraai en gesê: ,,Weleerwaarde Heer, ik heb den hond

59

raad en predikant (Dr. W. Robertson) behoort wat so vuriglik vir `n Kweekskool gepleit het. Op die Sinode van 1852, net na ons gemeente-stigting, het die Kerkraad van Swellendam selfs `n beskrywingspunt ingedien om die saak te bespoedig en om fondse in te samel. O.a. staan in die Sinodale verslag ook aangemerk die beloftes van £50 aan Ds. Van Velden wat hy hoop teen die einde van 1853 te stort.

verzocht de kerk te verlaten en hij weigert dit ten stelligste.” Vanaf 3 Oktober 1892 het die hoogbejaarde en kranke koster 'n pensioen van £3 6s. 8d. per maand van die Kerkraad ontvang. Hy is in Maart 1897 op tagtigjarige leeftyd oorlede. Sy graf vind ons in 'die ou kerkhof in Suidstraat langs die Ou Kerk. In ons nuwe kerk hang `n portret van hom. Hy was nooit getroud nie.

Teenoor sekere kerklike sake het ons gemeente ook 'n bepaalde houding ingeneem, wat ons interessantheidshalwe hier wil aanstip. Die Kweekskool.

Reeds in 1829 het die Sinode die wenslikheid besef van `n eie Kweekskool. Later het die Ring van Swellendam die Sinodale Kommissie ernstig versoek om te ywer vir sodanige oprigting. Dit het meegebring dat die Sinodale Kommissie in September 1850 te Swellendam byeengekom het, waar 'n plan vir die Kweekskol opnuut ontwerp is. Ons noem hierdie dinge omdat ons geweste onder die Ring van Swellendam geressorteer het. Maar nie alleen dit nie; ons het destyds aan dieselfde Kerk60

REREONSGe

Reaksie op Sake van Breëre Kerklike Belang

Op die Sinode van 1857 is gerapporteer van 'n vrugtelose poging om professore te bekom. Daar het opnuut weer verskil gekom omdat sommige bevrees was dat die Nederlandse taal in die gedrang sou kom deur sodanige inrigting. Ds. Van Velden het wel `n amendement ingedien om die stigting van die Kweekskool uit te stel, dog m.i. was dit net `n poging om die twee standpunte te versoen. Hierdie amendement is verslaan, en in 1859 het die Kweekskool

gevestig geraak. Die Vrye Verkiesing. Die Sinode van 1857 het besluit om te bly by die bestaande stelsel wat vanaf 1837 dagteken, dat die kiesing van Kerkraadslede deur 'n gekombineerde Kerkraadsvergadering sal plaasvind. Die Sinode van 1857 het besluit om die wyse van kiesing van predikante en Kerkraadslede nie uit te brei tot die lidmate van die gemeente nie. 61

In `n poging om die vrye verkiesing tog in swang te bring, is in die Parlement van 1861 `n wetsontwerp in dier voege ingedien. Hierdie aanslag op die regte en vryhede van die Kerk het egter nie geslaag nie, omdat Ordonnansie 7 van 1843 die Kerk juis vrygemaak het van die inmenging van die staatsgesag

Kerkraad op haar vergadering van 6 Januarie 1868 eenparig besluit om dit slegs aan die notule te heg som te dienen waar 't behoort”.

Die Liberalisme.

Di. J. J. Kotze van Darling en T. F. Burgers van Hanover was van onsuiwerhede in die leer aangekla, en hierdie saak het 'n beroering in ons kerklike lewe veroorsaak. Ons afgevaardigde, Ouderling B. '|. Kloppers, was een van die persone wat op die Sinode van 1870 daarteen geprotesteer het dat genoemde predikante die reg weer verleen word om sitting op die vergadering te neem, ten spyte van die uitspraak van die Burgerlike Regbank. Kerkvereniging.

Die preekstoel en orrel in die Nuwe Kerk.

in die reëling van die inwendige sake van die Ned. Geref. Kerk. Die Kerkraad was net soos die Sinode teen die vrye verkiesing. Toe 18 lidmate in `n petisie gepropageer het vir die vrye verkiesingstelsel, het die 62

Aanvanklik was die Kerkraad ten gunste van die vereniging van ons Kerke in ons vier provinsies. Volgens uitspraak van die Kaapse Hooggeregshof in 1862, kon ons Kerk nie buite die grense van Kaapland uitbrei nie. Daarom die Provinsiale N.G. Kerke wat ons het. Die Staatswet van 1911 het ons egter die reg gegee om te verenig tot een Kerk. Waar die Kerkraad in die begin ten gunste van sodanige vereniging was, is op 12 Februarie 1921 die teenoorgestelde besluit, omdat die Sinode dan te groot sou word. 63

Die Du Plessis-stryd. Hierdie agtjarige stryd was `n ongelukkige tyd in ons kerklike lewe. In 1932 het die Sinode Prof. J. du Plessis se dienste beëindig aan die Kweekskool oor sekere leerkwessies. Die Kerkraad het nie self hieroor 'n bepaalde besluit geneem nie, maarhaar leraar, Ds. Mentz, het 'n sterk standpunt teenoor die beskouinge van Prof. Du Plessis ingeneem. Die Afrikaanse Bybel. Uit; dankbaarheid oor die verskyning van die Bybel in ons eie taal in 1933, het die Kerkraad besluit om net soos al die ander gemeentes dit feestelik te laat geskied. Ladismith se feesjaar was 'n jaar later, nl. die naweek van 26 Augustus 1934. Die Kerkraad het dit so gereël om eers `n groot voorraad Bybels in die hande te kry, want by hierdie geleentheid is 800 Bybels in samewerking met die skool gratis aan kinders uitgedeel. Die Afrikaanse Sangbundel.

Om ons sang in ons moedertaal aan te hef, is deur

ons Sinodes besluit om die Nederlandse Psalm- en

Gesangboek te vertaal en uit te brei. Die aand van

20 Oktober 1944 is die Afrikaanse Bundel feestelik

in gebruik geneem. Ook kan ons hier net meld dat die kldkae Hallelujaboek wat nou vir die eerste maal status in 64

ons Kerk gekry het, vanaf Mei 1950 deur ons gebruik word. Pinksterdienste.

Gedurende die jaar 1859 het in die Kerkbode 'n oproep tot gebed verskyn om `n kragtige werking van die Heilige Gees. As uitvloeisel hiervan is in April 1860 `n belangrike konferensie in Worcester gehou waar herlewing die vernaamste onderwerp van bespreking was. `n Sekere Dr. Adamson het die opwekking in Amerika beskryf, en Dr. Robertson, leraar van Swellendam, het `n treffende rede oor `n herlewing gehou. Ongeveer `n tien jaar voordat Ladismith afgestig het, het daar in Swellendam 'n sodanige ondervinding plaasgevind, en geen wonder dat vele lidmate saam met Dr. Robertson na Worrester se konferensie is nie. Uit hierdie konferensie is die geseënde herlewing van 1860 gebore. Oral waar die opwekking in gemeentes gekom het, het `n onweerstaanbare drang tot gebed ontstaan. Die volgende jaar, nl. 1861, is die tien dae tussen Hemelvaart en Pinkster in die Paarl en vele ander gemeentes vir gebed afgesonder. Andermaal het `n kragtige herlewing gevolg wat feitlik oor die hele Kaapland versprei het, en selfs tot Bloemfontein in die Noorde. Na 1861 het die tien dae van gebed tussen Hemelvaart en Pinkster al meer 'n gebruik in ons Kerk 65

geword, en vandag vorm die Pinksterdienste 'n geseënde deel van ons kerklike lewe. Wanneer dit in Ladismith gebruiklik geword het, kon ek nie uitvind nie. Van ons ou mense sê dat toe hulle hul kom kry het, is Pinksterdienste en selfs die Week ! van Gebed hier waargeneem. Spesiale kvangelisasie.

In die verlede was hierdie gemeente altyd te vind vir bogenoemde belangrike saak. Verskeie kere is die kansel daarvoor aangebied tot groot seën vir die lede van ons Kerk. Mag ons ook verdere samewerking verleen met die nuwe rigting waartoe die Sinode van 1949 eenparig besluit het, en die evangelisasiepoging hartlik steun. Die inisiatief sal nou grotendeels van die plaaslike Kerkraad moet uitgaan wat hom moet bedien van die werkkragte soos opgesluit in die amp van die gelowige. Dit is in ooreenstemming met die Skrifwoord van Ef. 4: 12.

Die Dorpsbestuur Toe die moontlikheid van `n eie gemeente hier in ons geweste al duideliker geword het, is die behoefte gevoel om vroegtydig die nodige grond vir 'n dorpsaanleg te bekom. As tydelike maatreël het toe hieruit gevloei die vorming van `n direksie wat tydelik en 66

intussen namens die toekomstige Kerkraad as bestuurders en verkopers sou optree. Die Kerkraad was wel ook op dieselfde dag, nl.

10 Februarie 1831, benoem, maar het nog nie status

gehad nie omdat die voorstelling en konstituering eers later moes plaasvind. Bogenoemde direksie het bestaan uit nege lede. Die name was J. Kretzen, A. J. van Tonder, J. A. B. Ivan Zyl, D. J. A. G. Crafford Snr, A. C.'de Wit, C. F. de Wit, J. W. van Tonder, J. F. Ziervogel en D. Vrey. Die oorspronklike eienaar van die grond het blykbaar later in die plek van Mnr. Crafford gekom. Vyf van hierdie persone was lede van die eerste Kerkraad van ses lede deur die Ringskommissie aangestel. Wie eerste gevorm is, nl. die direksie of die benoeming van die Kerkraad, is nie duidelik nie. Blykbaar was dit `n gemeentevergadering waarop die direksie gekies is. Bogenoemde direksie het op 10 Februarie 1851 oor die 870 morge grond van Mnr. Balthazer Kloppers van EFlandsvlei vir $£1000 aangekoop. Hierby is ingereken die ongeveer 55 morge vir 'n dorp en ongeveer 820 morge vir weiding. Mnr. Kloppers het twee morge dorpsgrond aan die Kerk as geskenk gegee. Met die stigtingsjare was hierdie dele in die KleinKaroo nog begroei met hoë en digte struikgewasse. Die dorpsgrond is eers in 1852 deur landmeter F—Iadismith

67

Hopley in 1388 erwe uitgemeet met ses strate, nl.

Kerk-, Koningin-, Albert-, Suid-, Kruis- en Noordstrate. Kerkstraat is breed uitgemeet om aan die eis te voldoen dat 'n span osse met `n wa daarin kan draai. 'n Verdere ooreenkoms tussen die direksie en verkoper het op 3 Maart 1853 plaasgevind. Die registrateur het hierdie ooreenkomste as sodanig op 27 Mei 1853 bekragtig. Toe die Ringskommissie die Kerkraad op 10 Februarie 1851 saamgestel het, het bogenoemde direksie bly fungeer namens die Kerkraad tot 7 Augustus 1854, toe alles aan laasgenoemde kerklike liggaam oorhandig is en die bestuur direk onder die Kerk gekom het. Hierdie reg van beheer is eers op 10 Maart 1857 offisieel deur die Goewerment erken. Die Kerkraad het van die begin af twee soorte erwe verkoop, nl. droë- en watererwe. Dikwels was kennisgewings van verkopings teen die kerkdeur opgeplak. Erwe is eers in die jaar 1853 verkoop. Gedurende daardie jaaris maar sewe erwe aan vyf persone verkoop. Gedurende 1854 is 82 erwe aan 31 eienaars verkoop. Vanaf 1855 tot 1858 is maar ses erwe aan drie persone verkoop. Aan die einde van laasgenoemde jaar het ons dus al 39 erfhouers gehad — van 95 erwe. As gevolg van gedurige uitbreiding het dit toe nodig geword om `n onafhanklike liggaam los van 68

die Kerkraad in die lewe te roep wat haar met 'n eie huishouding besig kon hou. Op 27 Desember 1861 het die erfhouers hulle op `n vergadering behoorlik gekonstitueer onder die bepalings van Ordonnansie 9 van 1836, en sekere munisipale regulasies aangeneem. Op las van Goewerneur P. E. Wodehouse het die Koloniale Sekretaris op 29 Januarie 1862 `n proklamasie uitgereik op grond waarvan `n munisipaliteit van drie lede gekies kon word. Hiervoor moes die dorp in drie wyke verdeel word. Dis onseker wanneer die eerste Raadsvergadering plaasgevind het. In elk geval moes dit voor die helfte van Maart 1862 gewees het, want in die notule van die Kerkraad van 17 Maart 1862 staan vermeld `n aksie wat die Kerkraad teen die munisipaliteit gehad het oor belastings. Die eerste burgemeester was die heer Johan Fredrik Ziervogel. Na hom het die volgende agtereenvolgens gedien: H. W. Becker, J. 1. Mann, Dr. D. Hoffman en H. E. Nissen.

Die Kerkraad en Munisipaliteit doen Sake Behalwe die erwe wat die Kerkraad besit het, waarop die Ou Kerk (Blok N) en die Onderste Pastorie (Blok O) staan, was erwe No. 1 en 3 van Blok L waarop die stadsaal staan, ook eertydse eiendom van die Kerkraad. Die Munisipaliteit wou toe 'n geskikte plek hê vir `n publieke mark. Die Kerk69

raad was op haar vergadering van 14 Julie 1879

gewillig om bogenoemde erwe af te staan aan die Munisipaliteit op voorwaarde dat die kerk en kerklike geboue vrygestel sou word van munisipale belasting en dat die Onderste Pastorie weekliks twee uur leiwater toegeken word. Op 6 (Oktober 1879 kon Mnr. Brink rapporteer dat die kommissarisse van die Munisipaliteit tevrede is met hierdie voorwaardes van die Kerkraad. Oudhede Die Kakebeen-wa die Johanna van der Merwe, wat

in 1938 gebruik is vir die simboliese ossewatrek na die hoeksteenlegging van die Voortrekker-monument, en vandag in die Monument in ere bewaar word, is van die plaas Keurbosfontein afkomstig. Op dieselfde plaas word nog `n perdekar vir rofwerk gebruik waarmee Ds. Van Velden nog na die Sinode in Kaapstad gery het. In besit van Mnr. W. van Velden is die paspoort van Mnr. J. Pierik en 'n skryf- en eettafel van Ds. Van Velden. Ook is by hom te sien die opmetingskaart van die dorp deur landmeter Hopley. In die Kerkkantoor is die Nederlandse Bybel met die handtekening van Sir Harry Smith se eggenote, asook die akte van toelating tot onderwyser van jJ. Pierik, en 'n getuigskrif van die burgemeester van 70

Genemuiden. Dis natuurlik behalwe ons notules en

registers.

In die kerk word nog dieselfde doopbak gebruik wat 'n geskenk van die kinders van die gemeente is. Dit dra die datum van 30 Mei 1874 toe die Ou Kerk ingewy is.

In die Drosdy te Swellendam is `n kakebeen waentjie wat met knipmes en els deur 'n twaalfjarige veewagtertjie, Christiaan Diederiks, gemaak is. By geleentheid van huisbesoek het Dr. Robertson op hierdie blanke seuntjie afgekom. Die leraar was so getref deur hierdie stukkie kunswerk dat hy hom na Swellendam saamgeneem het waar iemand hom geneem en opgelei het as wamaker. Die eerste twee nagmaalbekers is van Mev. Andries J. van Tonder (geb. Joubert) en Mev. Daniel Vrey (geb. Van Wyk) en in 1852 aan die Kerkraad geskenk. In 1906 is weer twee bekers geskenk, en wel deur Mevv. M. C. van Tonder en ]. W. Bruwer.

Die Goeie Ou Tyd Dikwels vertel ons ou mense met trots watter hoë

| peil van lewe in die verlede gevoer is en word die | moderne tyd as `n agteruitgang bestempel. Ten dele is dit waar. Daar is bepaald sekere kenmerke van | ons voorgeslagte wat prysenswaardig is, bv. hul | eerbaarheid. Hoe dikwels het ons nie gehoor dat 'n "

71

man sy woord gestand doen nie, en as hy bv. geld geleen het, dat hy dit op die bestemde tyd weer terugbesorg het! Maar of daar werklik so `n tyd was volgens boge-

noemde uitdrukking, behalwe die Paradys, is te

betwyfel. Elke geslag het maar iets leliks geopenbaar. Ons wil nie op besonderhede ingaan nie, maar o.a. het die Kerkraad op 4 Julie 1887 die leraar versoek om met die eerste Nagmaalsgeleentheid die lede te bestraf wat gedurende die diens na buite gaan om te praat en te rook. Netnou sal ons geslag ook aan die volgende geslag vertel van die goeie ou tyd. Wat sal dit wees?

Plaaslike Aangeleenthede Hierdie hoofstukkie bied `n interessante geleentheid vir `n studie op sigself. Vir ons doel lei dit te ver weg van die kerklike terrein, en daarom dat ek sake net aangestip het. Weens gebrek aan die nodige gegewens en die gebrek aan tyd, kon ek die aanvangsdatums net van die volgende plaaslike besture

opspoor. Die eerste Kerkraadslede is vermoedelik op 12 April 1851 in hul amp bevestig, en op 12 Julie van dieselfde jaar is die eerste kerkraadsvergadering gehou. Die eerste direksie vir 'n dorpsbestuur is op 10 72

t

Februarie 1831 op `n gemeentevergadering gevorm, waaruit die latere munisipaliteit ontwikkel het en omstreeks Februarie 1862 saamgestel is. Monumente waarop gewys kan word, is die waterskema, elektriese lig (1939), die nuwe Stadsaal (1932) en die beoogde teerstrate wat die aandag geniet. Die huidige burgemeester is Mnr. H. E. Nissen, en die stadsklerk Mnr. Murdoch Crafford. Met die stigting van die gemeente het Ladismith onder die Veldkornetskap van die Grote Swartberg geval, en het die magistraat van Riversdal hierheen vir periodieke hofsittings oorgekom. Magistraat Garcia het sy verskyning hier gereeld gemaak. Omstreeks 1877 (hier was toe alreeds `n tronk) is 'n Magistraatskantoor hier geopen, met 'n Mnr. Faure as eerste magistraat. Ladismith het reeds negentien magistrate gehad. Die huidige is Mnr. P. Troost, Periodieke hofsittings te Vanwyksdorp dagteken vanaf 1896. Die ou polisiestasie is eers in 1912 deur die S.A. Polisie oorgeneem. Die huidige sersant is Mnr. J. D. Kemp, terwyl Mnr. . J. Swart sipier is. Die eerste Skoolkomitee (Managers of the Ladysmith undenominational public school) het in 1873 in werking getree en die aanvangsvergadering was op 30 Oktober 1873 met Mnr. G. F. Nefdt in die stoel en Mnr. H. W. Becker as sekretaris. Eienaardig dat vanaf 1877 `n reeks van magistrate agtereenvolgens as voorsitters gedien het. Die Skoolraad dag73

teken vanaf 23 Februarie 1906. Magistrate was gewoonlik die voorsitters, en daarna Dr. Hoffman vir `n lang tyd. Dikwels smag predikante terug na daardie jare om van voorsitterskap van kommissies

verskoon te word. Nadat die sekretaris, Mnr. Marais, die aftree-ouderdom bereik het, was hierdie kantoor

vanaf 1938 tot 1944 'n deeltydse kantoor. Vanaf Julie 1944 het dit weer voltyds geword. Omstreeks 1904 is die westelike deel van die skoolgebou opgerig. Die sekondêre deel is in 1914 aangebou, en die skoolsaal in 1917. Die eerste Biblioteekkomitee van nege lede het haar werksaamhede in Oktober 1879 aanvaar. Op 'n vergadering van 15 Oktober is 'n mosie van dank aangeneem op die skenking van boeke deur `n Mnr. H. Brits. Na kleinere wysiginge is die reëls van die Robertson-biblioteek aanvaar. Boeke en tydskrifte ter waarde van £35 is bestel. Subskripsie was op £1 gestel. In 1883 was die boekery reeds 440 Engelse en 194 Nederlandse boeke sterk. Die eerste Afdelingsraadvergadering is op 9 Maart 1881 gehou met die Magistraat, Mnr. W. D. Rainier, as voorsitter en Mnr. H. W. Becker as sekretaris. Die huidige sekretaris is Mnr. J. J. du Toit. Hierdie liggaam het o.a. al baie gedoen aan die verbetering van ons paaie en ook hulle wil afstuur op teerpaaie. Die eerste poskantoor was die suidelike sykamer van Mnr. George Solms se woonhuis. Die deur van 7a

die betrokke vertrek het nog die briewegleuf daarin. Daarna is die poskantoor na die ou Stadsaal verskuif en toe later na die huidige gebou. Die Dinnies-hotel is vanaf 1902/3 in gebruik, terwyl die Royal-hotel in sy huidige vorm en op sy huidige standplaas in April 1939 betrek is. Sy voorganger was die gebou waar Mnr. Nurick tans nog woon, nl. op die hoek van Kerk- en Noordstrate. Die eerste naam was die Towerkop-hotel. Die Standard Bank is op 21 Augustus 1902 geopen, terwyl die Barclays Bank op 16 Augustus 1912 begin het. Onderneminge wat doodgeloop het, is die volgende: `n Nuusblad het vanaf 18 April 1914 onder redaksie van die apteker Mnr. Mackenzie verskyn, en wel elke Saterdag. Hoe lank dit aangehou het, kan ek nie met sekerheid sê nie. Vir motorwedrenne was die baan Ladismith Oudtshoorn gebruik, `n afstand van 136 myl heen en weer. By een geleentheid het `n Vauxhall dit in 5 uur 30 minute afgelê, terwyl `n Ford 6 uur 1 minuut nodig gehad het. Om die ure vir die dorp aan te kondig, was hier `n klokreëling in swang. 'n Klok wat in 'n bloekomboom gehang het, is die volgende ure gelui: smêrens om 7- en 9-uur en smiddae om 12-, 2-, 4- en 9-uur. Ook was hier `n musiekkorps. 'n Bloeiende blaasorkes het onder Mnr. Ackerman (skoolhoof) as 75

dirigent gestaan. Die Koraalvereniging (Koor) het ook nie lank bestaan nie. Bogenoemde onderneminge wat doodgeloop het, het ek uit aantekeninge van wyle Mnr. J. F. Kirsten saamgestel. Ook wil ek hier die volgende byvoeg: Die plaaslike Streek-koorwedywering onder aanvoering van Mej. Collie van Tonder het ongelukkig net gedurende 1947 en 1948 stand gehou. Die Nasionale Vroueraad vir hulpdiens het ook nie lank bestaan nie, maar dit het darem tog die verfraaiing van die grond agter die Biblioteek nagelaat. Dit is gedurende 1948 aangelê. Die volgende sportsoorte het ook volgens Mnr. Kirsten verval: Perderesies, skaatsbaan en kroket. Die

volgende het hulle blykbaar ingegrawe om te bly voortbestaan : Rugby, tennis, netbal, gholf, krieket en

skyfskiet (Skietvereniging). Ook vermeld Mnr. Kirsten die volgende geëerde besoeke aan Ladismith: Sir Harry Smith en sy gade, Cecil Rhodes (1891), die Posmeester-generaal, Mnr. J. Wilson, die Administrateur, Sir Fred. de Waal en

besoeke deur Ministers. Gedurende 1912 is `n Gesondheidskomitee gestig wat die volgende jaar tot 'n Hospitaalraad oorgegaan het. Gedurende 1914 is die Hospitaal-gebou deur Sir Fred. de Waal geopen. Die Verpleegsters-tehuis het maar eers baie later gekom, en is op 22 Junie 1949 ingewy. Die Matrone is suster Rhind. 76

Die Dingaansfees-komitee is in 1913 in die lewe geroep met Ds. De Wet as eerste voorsitter, en daarna Mnr. J. J. M. van Zyl. Die eerste byeenkoms was op die plaas van Mnr. Bosman, die teenswoordige Buffelskloof-sindikaatplaas. Vanaf 1878 was Laingsburg die naaste verbinding met die spoorweg, en het die transportwaens en poskar altyd daarheen gegaan. Vanaf 1903 het Riversdal en vanaf 1924 het Calitzdorp ook spoorwegstasies gevorm na ander rigtinge in ons land. Reeds vanaf 1884 is moontlikhede oorweeg om Ladismith direk met die spoor te verbind, maar dit het eers in 1925 werklikheid geword. Die eerste vaste stasiemeester was `n sekere Mnr. Stanley. Die huidige stasiemeester is Mnr. J. Marais. Die Padmotordienste het vanaf 1926 in werking getree. Die Boerevereniging bestaan al vanaf 1929, en dien die belange van die boer. Mnr. J. S. Bruwer spog met `n rekord van 22 jaar as sekretaris. Die Vroue-Landbouvereniging (V.L.V.) is op 3 Oktober 1930 met `n ledetal van .24 gestig. As leuse is gekies: ,Eendrag maak Mag.” As eerste wenk is die volgende spreuk geneem: ,,'n Mens kan nie te veel leer nie.” Vanaf 4 November 1932 dien Mej. A. M. van Tonder onafgebroke as sekretaresse. Die Kamer van Koophandel is ongeveer 'n vyftien jaar gelede gestig met Mnr. H. E. Nissen nog steeds dT

as voorsitter. Hierdie liggaam dien die belange van die plaaslike handelaars. Die Reddingsdaadbond (R.D.B.) is meer as twee jaar na die Voortrekker-eeufeesviering op Ladismith gestig. Ds. Jac. Conradie het hiervoor oorgekom. In Junie 1941 is die plaaslike tak gestig met Mhr. J. M. van Tonder as voorsitter en Mnr. A. J. Joubert as organiseerder. Na onafhanklike besoeke by die betrokke minister, is in Oktober 1948 `n Aksiekomitee van oewerbewoners gevorm om die jarelange behoefte en versoeke van opdamming van ons groot riviere in hierdie deel van die Klein-Karoo nog verder te dien. Ook is die samewerking van verskillende liggame verkry. Die georganiseerde optrede is voorafgegaan deur `n biduur op 18 Augustus 1948 te Grootrivier en waargeneem deur Ds. Badenhorst. Die jaarlikse tentoonstellings het vanaf 1949 begin met Mnr. D. M. Smuts aan die hoof en Mnr. C. D. Theron as organiserende sekretaris. Tot sover was die onderneming baie geslaagd. Die Krugerdag-bestuur is in 1949 in die lewe geroep, en op 10 Oktober 1950 was die eerste saamtrek te Buffelskloof, onder voorsitterskap van Mnr.

J. G. Barnardt.

Wat dokters en aptekers betref, kan 'n lys van | ongeveer twintig persone opgestel word. Die huidige 78

twee geneeshere is Dr. A. G. Blyth en Dr. C. F. A.

Garisch. Die koëperatiewe onderneminge is die volgende, met die aanvangsdatums tussen hakies: Wynmakery en Stokery (1939), Kaasfabriek (1942) en Saaiboere (1945). Laasgenoemde verskuif vanjaar na `n meer sentraalgeleë plek met uitgebreider dienste. Die Christelike Liefdadigheidsvereniging: As uitvloeisel van `n veertien jaar lange privaat biduur deur Mnr. J. G. Solms gelei, is op 17 Augustus 1920. 'n vrywillige organisasie onder die naam Christelike Liefdadigheidsvereniging” gestig. Die ` hoofdoel sou wees om fondse in te samel om in tye van siekte en dood die lede met die nodige te voorsien, en om die geestelike toestand te bevorder. Die lede betaal `n intreegeld en dan gereelde subskripsies. Hierdie ,.Society””, soos sommige dit later begin noem het, kom maandeliks in die konsistorie byeen, en dra `n godsdienstige karakter. Dit dien 'n nuttige doel en getuig van `n selfstandige eiehulp. Die volgende het agtereenvolgens as voorsitters gedien: Mnre. J. G. Solms, G. M. Middleton en J. H. la

Grange. Die Izak van Tonder-trust: Deur 'n skenking van vaste eiendom, Blok K erf No. 8, deur Mnr. 1. W.

van Tonder, met die oog op `n goedkoop en/of gratis tuiste vir behoeftige bejaarde persone, het genoemde skenker in Julie 1950 `n beherende liggaam van nege de

persone in die lewe geroep om gemelde saak te behartig. Weens gebrek aan die nodige kapitaal, het die doelstelling nog nie `n werklikheid geword nie, en word as tydelike maatreël die betrokke geboue nog gewoonweg verhuur om fondse in te samel vir gemelde doel. Skenkings en/of erflatings kan voorlopig aan Mnr. J. W. Marais verantwoord word. Wat ander kerkgenootskappe betref, wil ek net die volgende hier aanstip: Die Sinagoge op die hoek van Becker- en Kruisstraat, is gedurende 1945 gesluit omdat die Joodse gemeenskap te klein geword het. Die Wesleyaanse gemeente het ook opgehou om te bestaan, en hul kerkgebou in Beckerstraat is in 1946 deur die Ned. Geref. Sendingkerk aangekoop. Die ander Engelse kerkie op die hoek van Kruis en Albertstraat is die St. Luke's Church wat van voor die Driejarige Oorlog af dagteken. Die Luthers Berlynse (Sending)Kerk is meer as honderd jaar gelede te Amalienstein gestig. Die Ladismithgemeente van genoemde Kerk dagteken vanaf Mei 1856 waarvan Amalienstein op haar beurt nou 'n buitewyk is. Die kerkgebou staan in Kerkstraat. Die volgende besonderhede aangaande die kerkgeboue van die N.G.K. is per abuis weggelaat, en daarom dat dit hier genoem word: Die argitek van die Ou Kerk was 'n sekere Mnr. Hager. Later is weer aan genoemde kerk gewerk toe dit in 1905 hernu is, en die groot frontvenster aangebring is. Gedurende 80

1907 is die olielampe deur gaslig vervang en gedurende 1936 deur elektriese lig. Die argitek van die Nuwe Kerk was Mnr. J. A. Smith van Kaapstad, en die bouheer Mnr. T. W. E. Sterrenberg van Paarl. Ds. J. F. Mentz het die inwydingsrede gehou. Die bouheer van die kerksaal is Mnr. G. M. L. van den Vyver van Ladismith. Die kerksaal is dus deur plaaslike talent opgetrek. Vanaf die inwyding van die Nuwe Kerk rangskik Mev. J. G. Solms gereeld elke Sondag of naweek blomme voor die preekstoel. Die bestaan van die kerklike vereniginge word nie hier herhaal nie en kan onder die hoof Verenigingslewe gevind word. Plase en hul Name Ek het slegs sommige van die volgende plase se datums van oordrag kon opspoor. Dit wil egter nie sê dat die plase nie ouer is nie, want ek is juis geneig om sommige altans as ouer te neem. Alles was natuurlik eers kroongrond. Hier volg 'n klompie plase met die datums van oordrag vooraan: 27 Maart 1817 — Elandsfontein (Soar). 11 September 1821 — Platberg. 20 Augustus 1826 — Boerboonfontein, Grootrivier. 1 September 1832 — Langkloof, Miskraal, Groot-Kleinfontein, Uilkraal, Buffelskloof, Buffels81

fontein

(Vanwyksdorp), Papkuilsfontein, Dwars-

rivier, Baviaanskrans, Vaartwel (Bergplaas), Wilger-

rivier, Sandfontein, Elandsvlei, Vaalbank, Koedoes-

kloof, Zeekoegatsdrif. 24 Maart 1836 — Miertjies- of Muurtjieskraal. 1 November 1838 — Buffelsrivierpoort, Plathuis, Hoeko (aangrensend), Knuy, Wolwefontein, Opzoek, Amalienstein, Keurbosfontein, Ockertskraal-bo. 30 Junie 1839 — Rietfontein. 13 Oktober 1839 — Buffelsdrif. 15 April 1841 — Adamskraal. 18 Julie 1848 — Algerynskraal. 20 Augustus 1859 — Ockertskraal-onder, Mierenfontein. 25 Januarie 1860 — Sewefontein. 14 Januarie 1863 — Visgat. 14 Mei 1863 — Zorgvliet. 30 Januarie 1873 — Voorbaat. 16 Junie 1884 — Waterkloof. 13 Augustus 1886 — Koedoeskop. Met die gee van name aan plekke was ons voorouers hier miskien nie so oorspronklik nie, maar tog tref sekere name ons. Eienaardig dat al met `n skuinslyn vanaf die Langeberg tot naby die Swartberg ons plekname kry almal met die uitgang -kraal, bv. Muiskraal, Miertjieskraal, Maatskraal, Adamskraal,

82

Ockertskraal,

Algerynskraal en Miskraal. In die eerste en laaste naam is slegs die verskil van die letter u. Bybelname het ons so ver ek weet net in: Jerusalem, Bethlehem en Soar.

As herinneringsname aan persone het ons: Ladismith, vernoem na Lady Smith. Amalienstein heet na Amalia von Steyn. Seweweekspoort kom van die ontmoeting wat iemand gehad het wat gedurende `n reëntyd sewe weke geneem het om die poort deur te worstel. `n Ander oorlewering wil weer dat die naam `n vervorming van die naam van 'n sekere Schwedenborg is wat voor die poort gekampeer het voordat hy deurgetrek het. Van Zylsdamme kom van die baie damme wat Mnr. Van Zyl op sy plaas laat maak het. Prinsrivier sien weer op `n skelm met die naam van Prins wat in die poort verongeluk het.” `n Paar name herinner ons weer aan sekere voorvalle of die bestaan van sekere voorregte: Opzoek, Weltevrede, Rietfontein, Sewefontein, Zorgvliet, ens.

Die volgende name getuig van die bestaan van ongeriewe : Droëkloof, Suurberg, Koueveld, ens.

Dat hier vroeër jare grootwild en roofdiere gewees het, vertel die volgende name ons: Elandsfontein,

Buffelskloof,

ËFlandsvlei,

Buffelsdrif, Buffels-

vlei, Koedoeskloof, Wolwefontein, Zeekoegatsdrif,

ens. * Donker Spore, C. J. Langenhoven, hs. 2. G—LLadismith

83

veeboere.

Towerkop Towerkop, die sierlike kruin, pragstuk en trots van cns landskap. Towerkop, nooit eentonig nie, verskillerd en betowerend van voorkoms uit verskillende hoeke. Towerkop, skeppingswerk van God, verkondiger van Sy Majesteit, vingerwysend na die hemelse roeping en bestemming van die gelowige. 9d

Die ouderlinge van die 1950/51-Kerkraad.

Daar was `n tyd toe die volstruis hier in die KleinKaroo `n groot bron van inkomste was, en nie alleen het die leefwyse daarvan getuig nie, maar ook die uitermate groot woonhuise. Toe die veremark in 1914 geval het, was dit ook `n geweldige nekslag, en dit het jare geduur voordat daar weer koers gekom het wat die boerdery aangaan. Vandag is toestande gelukkig weer op `n vaste voet n4 die aanlê van die treinspoor in 1925 om daardeur met `n mark verbind te wees vir die boere se prcdukte. `n Nuwe toekoms het ook oopgegaan deur die plaaslike onderneming van Wynmakery en Stokery in 1939 vir wingerdboerdery, en deur die oprigting van die kaasfabriek in 1942 vir melkerye. Verder het ons lusern- en vrugte- en groenteboerderye. Die vrugteboere begin nou ook uitvoer na die buiteland. Weg van die Swartberg kry ons ook `n klompie

Agter -(1.nr.): SA Stassen GE Brit D: vd Berg, -G: F. Nefdt, S. G. Britz, J. P. Volschenk, 1. W. v. d. Vyver. Middel (l.n.r): 1. s. Bruwer, L. A. Linde, J. J. P. la Grande, J. M. v. Tonder, J. Schoeman, A. G. Cilliers, JA. vd. Vier T.L la Grange. Voor (dneD: S. J. Stone, L. J. la Grange, G. Solms (Scriba), Di. W. T. Badenhorst en. | D 'Staltine B |. Bruwer A: B. ja Granse 6. viswl, TF Haa-hoff.

Boerdery

neem en huwelike voltrek, met die totaal onderaan.

Towerkop is `n regop gesplete kruin op die Swartberg ongeveer vyf myl noordoos vanaf Ladismith.

Die volgende is hoogtepunte wat die gemeente bereik het met sekere sake: 189 dopelinge in 1902, 43 huwelike in 1910, 139 katkisante in 1912, 4306 siele en 2097 lidmate in 1913 en 717 Sondagskoolkinders in 1930. Die gegewens vir 1950 is soos volg: Siele 2898,

Hierdie kruin is 7,225 voet bo seevlak, terwyl Ladi-

Hier volg `n vergelykende tabel oor periodes van 25 jaar elk van kinders gedoop, katkisante aangeKwart-Eeu Jare

(851—I875

s

1876—1900 1901—1925

j

1926—1950

TOTAAR

86

|

Dopelinge

|

io

|

2263

Die diakens van die 1950/51-Kerkraad.

|

ys

754

2200 |

k675

657

terworth. Middel (In.r): J. J. v. d. Vyver, J. N. Vosloo,

2,388

A. |I. Fourie, C. C. Stassen, Di. W. T. Badenhorst en |J. D. Stulting, |. P. v. Tondes, & M. L. v. d. Vyver, G. Fe Nel, G. Solms (Scriba).

3,423

|

281 696

is

i

||

KOLB

3,700

sd

923

Huwelike

|

N | |

| Katkisante

RE

Statistieke

EE NG

smith 1,767 voet bo seespieël is. Sover vasgestel kan word, is in 1850 die eerste poging aangewend om die spits te bereik, maar sonder sukses. In 1885 is dit deur die 23-jarige boer Gustav Nefdt aangedurf, en binne veertien dae het hy dit twee keer bereik en `n spieël daar opgestel, wat blykbaar uit posisie geraak het. Na 1906 is weer poginge aangewend om dit uit te klim. In 1934 het Mnr. Cornelis Nel die klim weer gewaag, en `n spieël reg bo-op opgestel, wat sekere tye vir 'n paar oomblikke mooi groot in die oggend skitter.

11,586

|

1 6,A01

|

Agter (nr): B CC Oasthuizem P. Iila Grande. J/sn., /. J. Mellet, C. T. la Grange, M. C. van Tonder, 1. W. But-

J. C. Oosthuizen, F. T. Saaiman, A. F. Marais, P. L. Cloete, W. J. Viljoen, D. H. Martin. Voor (In.r): J. J. Nel C/sn,

87

Lidmate 1781, Dopelinge 47, Aannemelinge 43, Huwelike 16, Sondagskoolkinders 420, Huisgesinne

776. Die getalle van die distrik teenoor dié van die dorp is ongeveer in die verhouding van 3 tot 1. Die eerste Kerkraad het bestaan uit eenleraar en ses lcde — twee ouderlinge en vier diakens. Vandag tel ons twee leraars en 34 lede — die ouderlinge en diakens tel eweveel. Die vanne wat hier die meeste voorkom, is Craf-

ford, La Grange, Van Tonder, Oosthuizen, Stassen, Nel, De Wit, Van der Vyver, Ellis, Volschenk, Sny-

man. Hierdie vanne is oorwegend. Eienaardig dat in sekere wyke sommige van bogenoemde vanne totaal ontbreek. Wat die bywoning van die eredienste betref, het ons die volgende slotsom bereik. Die gemiddelde bywoning is soos volg: Mêrediens 312, Aanddiens 164, Nagmaal 764, Voorbereiding 354, Danksegging 311. In verhouding tot die getal lidmate, werk dit uit op 41 persent Nagmaalgangers en 17 persent ge-

reelde kerkgangers. As ons dit bereken op 'n tweederde van die sieletal, dan staan die opkomste nog swakker.

Huidige Kerkraadslede

Ouderlinge. J. F. P. Haarhoff Xx]. M. van Tonder 86

1950

TA. van der Vyver J. Schoeman

G. ]. van Zyl xS. J. Stone J.J. P. la Grange C. Brink " x]. S. Bruwer 1. W. van der Vyver J. P. Volschenk

S.G. Britz XT. J. la Grange A. van Tonder D. J. van der Berg S. A. Stassen G. F. Nefdt A. G. Cilliers Diakens. C. C. Stassen

XA, F. Marais J. J. Mellet

M. C. van Tonder

W. J. Viljoen G. M. L. van der Vyver Xx]. J. Nel (GC.-sn.) FT. Saaiman, Jar.

A. J. Fourie (C.T.la Grange (J.J. C.-sn.) 1. W. Butterworth

Xx]. N. Vosloo J. P. van Tonder D. H. du P. Martin

P. L. la Grange (J.-sn.) J. C. Oosthuizen P. L: Cloete

19531 Behalwe dié met die kruisie gemerk, vorm bogemeldes saam met onderstaande persone die lede van die Kerkraad van 1951:

ete F. J. Bruwer LL. J. la Grange

Ouderlinge. LL. A. Linde A. B. la Grange

B. C. Oosthuizen

Diakens. G.F. Nel

J.J. van der Vyver 89

En Nou? Honderd jaar van lief en leed waarin hoog- en laagwatermerke die peil van die geestelike lewe aangetoon het, is verby. Ons gemeente vorm deel van die Kerk van ons Here Jesus Christus. Watter voorreg! Mag ons waarlik 'n bydrae lewer tot die opbouing van die groei van die Liggaam van (Christus op aarde (Ef. 4: J,

19, 18, 16).

Ons gemeente was gedurende die afgelope honderd jaar besig om haar geskiedenis te maak. Ons het 'n gedeelte daarvan opgeteken in ons feesboekie. Op G6ns beurt bied ons lewe nou weer die bronne vir die toekomstige geskiedskrywers. Wat gaan die inhoud wees? Wat teken God van ons aan? T.aat ons voorwaarts gaan — ,,Die oog gevestig op Jesus” en `n mooi toekoms wag vir ons (Hebr. 12: 2). Ja, die ondervinding sal `n lewe van volheid wees (Joh. 7: 38).

OO